ʼn Valskermsoldaat het Dinsdagmiddag tydens ʼn millitêre oefening by die Tempe-lughawe buite Bloemfontein na sy dood geval.
ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Chaka Marope, sê die soldaat het teen ʼn ander soldaat gebots nadat hy sy valskerm oopgemaak het. Hy het glo sy bewussyn verloor. “Hy het in die Groenvlei-hoewes geval. Die nadoodse ondersoek sal bepaal of hy sy nek gebreek het tydens die botsing met die ander soldaat of toe hy die grond getref het.” Marope sê die ander soldaat kon daarin slaag om sy valskerm te beheer maar het sy been gebreek tydens die landing. Die oorledene is intussen geïdentifiseer as korporaal MJ Mookie. Die polisie ondersoek die voorval.