Soldaat tronk toe oor moorde

sandfʼn Soldaat is in die rondgaande hof in Bethlehem tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy twee van sy kollegas doodgeskiet het.

Sers. Majang Skalkie, woordvoerder van die polisie, sê kanonnier Mpumelelo Hlubi is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op lt. Thabiso Seithati (28) en tien jaar tronkstraf vir die moord op kanonnier Zakhe Khumalo (26). Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word. Hlubi het Seithati en Khumalo in Februarie vanjaar doodgeskiet terwyl hulle in ʼn millitêre voertuig onderweg was na die tydelike basis by Kromdraai naby die Lesotho-grens. Hy het hulle lyke langs die pad gelos en weggejaag. ʼn R4-aanvalsgeweer en ʼn selfoon wat van die oorledenes gevat is, is later in Hlubi se besit gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.