Soldate in Marikana ontplooi

Soldate van die SAW is in Marikana ontplooi (Argieffoto)

Ten minste 1 000 soldate is Saterdagaand in Marikana ontplooi, het die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) gesê.

“Die soldate is op versoek van die polisie ontplooi om hulle by te staan,” het brig.gen. Xolani Mabanga, woordvoerder van die SAW gesê. Mabanga sê lede van die Lugmag, die Leër en die militêre gesondheidsdienste is van die soldate wat na Marikana gestuur is. Die polisie het vroeër Saterdag rubberkoeëls gevuur na stakende mynwerkers wat by die Nkaneng-informele nedersetting in Wonderkop byeengekom het.

Twaalf mense is tydens ‘n klopjag by Lonmin-myn se Karee-koshuis in hegtenis geneem. Die polisie het beslag gelê op pangas, knopkieries en ander gevaarlike wapens.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Skurf ·

Nou moet hulle Malema ook arristeer as begin, en ek glo nou dat die skote weereens gaan klap……..mag ek verkeerd wees……kom ons kyk na die tweede afdeling …….

Kopkrap ·

Wanneer word die noodtoestand uitgeroep, of is die stukkie wetgewing ook irrelevant?

Moet die regering nie gedaag word om te bewys dat daar ‘n noodtoestand verkeer alvorens die “weermag” teen hulle eie burgers ingespan word nie?

Of is dit wat almal graag wil sien? Soos Helen Zille dit wil het dat die Weermag ‘n kriminele saak moet bestuur?

Vir die “regering” om die “weermag” te ontplooi is ‘n daad van anargie of aanhitsing tot anargie deur die staat.

Rudie ·

Is die berig woordeliks so deur SAPA vrygestel? Of is dit deur een van Maroela se verslaggewers vertaal wat toe die groot fout begaan het? Die SAW (Suid-Afrikaanse Weermag) bestaan sedert 1994 al nie meer nie. Dit is die SANW (Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag). Of die verslaggewer of wie ook al daarvan hou of nie, dit is ‘n onveranderlike feit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.