Soldate moet terugrapporteer vir Mandela-pligte

Foto: GCIS/SAPA

Foto: GCIS/SAPA

Die weermag het Saterdag soldate wat op verlof is beveel om terug te rapporteer vir diens om bystand te lewer tydens die tien dae van rou na die afsterwe van oudpresident Nelson Mandela.

“Lede moet op die laatste teen middernag 7 Desember 2013 terug na hul eenhede, basisse of stasies rapporteer,” het die weermag in ‘n verklaring gesê. Dit kom nadat die regering 10 dae van rou aangekondig het. Tydens die tydperk sal daar in verskeie provinsies huldigingsdienste vir Mandela gehou word met die amptelike huldigingsdiens wat Dinsdag by die ENB-stadion gehou sal word. Talle staatshoofde en BBP’s sal onder meer die geleentheid sowel as Mandela se begrafnis Sondag in Qunu in die Oos-Kaap bywoon. Siphiwe Dlamini, woordvoerder van die weermag, het aan AFP gesê soldate sal ingespan word om logistieke ondersteuning te bied. “Die is ʼn kategorie een-begrafnis so daar sal baie aktiwiteite wees waarby die weermag betrokke gaan wees.” Hy sê veiligheid is die polisie se verantwoordelikheid maar dat die weermag bystand sal bied. Dlamini sê troepe sal by lughawes, die Uniegebou en in Qunu ontplooi word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Paul ·

My skoonsuster se dogter en haar man het gisteraand n werks partytjie by n Restuarant in Stellenbosch by gewoon. Hulle het nog ewig rustig gesit en hulle self geniet toe 18 Swartes in storm met hand wapens. Hulle het n pistool teen haar en haar man se koppe gehou en alles geeis, al die kliente was beroof van hulle besittings. Die Swartes het die volgende gese–Mandela Is Dead, It Is Time for the Whites To Die! Het julle al enige nuus ontvang van so n geval?

Tharina Visser ·

Ek is mal oor julle beleid Maroela!
Boere AKSIE se page is genoeg om n oorlog aan die gang te sit!
I salute you guys hier UIT Indië UIT!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.