Soldate se oorskot kan nou in SA begrawe word

Die forensiese antropologiespan. Foto: Leon Lombard / Beeld

Die oorskot van drie Suid-Afrikaanse soldate wat in 1975 in die Slag van Ebo dood is, is Maandagoggend geëien.

Beeld het Dinsdag berig drie families kan ná 37 jaar begrafnis hou, maar een familie sal moet berus in ’n houertjie grond van die plek waar hul soldaatbroer in die Grensoorlog gesterf het.

Volgens genl.maj. Gert Opperman van die Erfenisstigting het ’n span forensiese antropoloë die afgelope paar dae hard gewerk om die vier soldate se oorskot by Ebo te eien.

“Die oorskot van kapt. Daniël Jacob Taljaard, 2e lt. Keith Arthur Williamson en 2e lt. Eric Bryan Thompson is saam in een graf begrawe,” het Opperman uit Angola bevestig.

Die drie, asook kavalleris Niel Lombard, is in die Slag van Ebo dood. Hulle was in ’n Cessna 185 toe Kubaanse lugafweerkanonne hulle neergeskiet en die vliegtuig agter die vyandelike stellings geval het. Lombard was in ’n Eland 90-pantservoertuig wat in die Massaba­rivier geval het.

“Ons het hard gesoek na Lombard se graf, maar kon dit nie kry nie. Plaaslike inwoners het verskeie grafte aan ons uitgewys.”

Lees die volle storie hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.