Soldate vas na rooftog

Twee soldate is in hegtenis geneem nadat ʼn snoepwinkel in Viljoenskroon in die Vrystaat beroof is.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, sê drie gewapende mans het Maandag die winkel, wat deur ʼn Ethiopiër besit word, binnegestorm en geld geëis. Die winkeleienaar het die rowers teengesit waarna hy in sy nek met ʼn pistool geslaan is. Die rowers het met kontant, toiletware en sigarette gevlug. Lede van die sigbare polisiëringseenheid het die vermeende rowers se wegkommotor gewaar en dit gestop. Die twee soldate is in hegtenis geneem terwyl die derde man ontsnap het. Die soldate sal na verwagting Woensdag in de Viljoenskroon-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leon Jordaan ·

Wel die SANDF en SAPD is alreeds n welsynorganisasie en dit wel bekend dat die 2 instansies vergelyk kan word met die “gangs” van die Kaapse vlaktes. Hulle nou wel nie n nommer 28 of 26 nie, maar ek glo hulle is n baie beter kriminele organisasie as die bekende bendes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.