Solidariteit begin reuseveldtog om SEB-kodes te stop

Die Solidariteit Beweging het Sondag ’n reuseveldtog van stapel gestuur om die nuwe voorgestelde bemagtigingskodes, soos bekendgemaak deur die minister van handel en nywerheid Rob Davies, te stop.

Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, sê volgens die voorgestelde kodes sal maatskappye se sosio-ekonomiese ontwikkelingsbydraes net erken word indien 100% van die bevoordeeldes swart is. “Ons beplan om duisende besware aan minister Davies te stuur. Twitter, Facebook, e-pos-kettingbriewe, SMS’e en webblaaie gaan ingespan word om mense op ’n groot skaal te mobiliseer om beswaar teen die kodes te maak. Mense kan protesbriewe direk aan minister Davies vanaf die webblad www.solidariteit.co.za stuur, en die veldtog kan op Twitter by #stoprob gevolg word. Protes kan ook aangeteken word deur bloot die woord ‘Rob’ te SMS na 34388,” het Hermann gesê.

Hermann sê hierdie benadering kom nie neer op maatskaplike verantwoordelikheid nie, maar maatskaplike onverantwoordelikheid. “Daar is geen regverdiging daarvoor om ontwikkelingshulp aan behoeftige mense op grond van ras te bepaal nie. ’n Tienjarige seuntjie in ’n kinderhuis kan tog nie as ’n bevoordeelde van apartheid gesien word nie. ’n Kleuterskool in ’n behoeftige gebied kan tog nie gestraf word net omdat dit swart én wit kinders inneem nie. Boys Town kan nie ontwikkelingshulp ontsê word omdat hulle ’n plek van veiligheid vir ’n ontwrigte wit seun bied nie, en ’n maatskappy kan nie die rug keer op ’n ouetehuis vir ontwikkelingshulp omdat ’n verswakte wit oumatjie daar bly nie,” het Hermann gesê.

“Om te bepaal dat 100% van die bevoordeeldes swart moet wees, is 100% verkeerd. Dit is nie net behoeftige wit mense wat deur die bepaling benadeel gaan word nie, maar ook derduisende behoeftige swart persone. Indien net 1% van die kindertjies in ’n kinderhuis wit is, sal die 99%- swart kindertjies ook benadeel word. Die kodes ontmoedig enige vorm van integrasie. Die kodes bepaal dus dat jy grof moet diskrimineer om hulp te kan kry,” sê Hermann.

Die publiek kan tot 5 Desember kommentaar lewer en die Solidariteit Beweging beplan om deur die veldtog die kantoor van minister Davies met besware te oorstroom. Lees die brief aan minister Davies en teken protes aan by www.solidariteit.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Brenda ·

KOMAAN MENSE!! Ondersteun asb. Jul hulp is dringend nodig vir ons oorlewing!!!

Andre ·

Hallo mense. Ek wonder net hoe lank dit nog gaan vat voordat ons wit mense eendag gaan opsty
aan en die juk van verdrukking gaan afgooi. Hoeveel moet ons nog vat? Komaan mense staan saam.

Johann ·

Dis net nie meer vir my as volle burger van SA genoeg om deurgaans as voorheen-bevoordeelde en nou as tweedeklas buger hanteer te word nie. Twak! Ek en duisende ander het nie ryk grootgeword nie en my weduwee-ma het haar vingers deurgewerk om vir ons kinders ‘n plekkie in die lewe te bied. Indien kwotas en persentasies die ‘wettige’ basis gaan bly vir alles wat in hiedie land gebeur, kan mens mos ook redeneer dat aangesien ‘witmense’ nerens gesubsidieer word of mag deel in die staatsmasjinerie se tenders, posbevorderings en gelewerde dienste nie, hulle ook nie belasting hoef te betaal nie. Burgers wat belasting betaal kan mos met reg aanspraak maak en te deel in ALLE dienste, wat ‘n regering lewer, sowel as subsidies en voordele wat uit die staatsmasjinerie mag voortspruit, of hoe? . . . .wonder ek maar net.

Frik Stoffberg ·

So absurd. Benewens diskriminasie in die ergste graad is dit ‘n ontkenning van mense (van alles rasse) se grondwetlike regte op groot skaal. Die regeerders kan nie hiermee wegkom nie. Dit is regtig tyd dat die “magtige” ANC tot ‘n val sal kom. Dit is waarvoor ek bid. Hulle regeer sonder GOD. Geen regeerder kan sonder GOD voortbestaan nie.

Johan ·

Absoluut ongelooflik hoe die ANC besig is om ‘die perfekte rasse diskriminasie plan saam te stel. Hoe laag is hulle nie bereid om te daal nie. Tot onskuldige weeskinders word nou blatant geteiken. Swart weeskinders gaan net so seer geraak word maar dit is duidelik onbelangrik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.