Solidariteit en DKD: Uitspraak kom more

Argieffoto

Argieffoto

Uitspraak word Donderdag in die arbeidshof in Kaapstad verwag in ʼn dringende aansoek van die vakbond Solidariteit teen die departement van korrektiewe dienste (DKD). Solidariteit het die hof genader nadat die DKD sy toepassing van die nasionale rassedemografie voortgesit het ondanks ʼn vroeëre hofuitspraak wat dit verbied. Uitspraak in die saak is op 31 Januarie voorbehou, maar die partye kon intussen geen skikking bereik nie.

Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, sê die vakbond het die hof tydens sy sitting op 31 Januarie versoek om te beveel dat die DKD die vroeëre uitspraak moet toepas. “Die DKD het aangevoer dat die uitspraak nie toegepas hoef te word nie aangesien hy appèl daarteen aangeteken het. Ons het die indruk gekry dat die DKD die appèlproses wil misbruik om hul onbillike doelwitte te bereik.”

Nadat die regter uitspraak voorbehou het en gesuggereer het dat die partye moet probeer om ʼn skikking te bereik, het die partye op Dinsdag 4 Februarie ontmoet. Geen skikking kon egter bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.