Solidariteit en DKD weer in hof; uitspraak voorbehou

Argieffoto

Argieffoto

Die vakbond Solidariteit en die departement van korrektiewe dienste (DKD) het mekaar vandag in die arbeidshof in Kaapstad gepak oor die DKD se voortgesette toepassing van die nasionale rassedemografie ondanks ʼn vroeëre hofuitspraak wat dit verbied. Die DKD voer aan dat die uitspraak nie toegepas hoef te word nie aangesien hy appèl daarteen aanteken.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê die vakbond het agter aangevoer dat die hof ingevolge die hofreëls die mag het om te beveel dat die DKD die vroeëre uitspraak moet toepas. Solidariteit het die hof versoek om sy diskresie hieroor uit te oefen. “Daar moet versigtig te werk gegaan word met grondwetlike regte soos gelykheid en billikheid. Dit blyk egter dat die staat onverantwoordelik is en oorhaastig wil voortgaan met sy onregmatige praktyk. Ons kry die indruk dat hulle die appèlproses wil misbruik om hul doelwitte te bereik.”

Die regter het gesuggereer dat die partye moet probeer om ʼn skikking te bereik voor daar op 6 Februarie uitspraak gelewer sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.