Solidariteit en Mango gaan weer by KVBA onderhandel

Argieffoto

Argieffoto

Die vakbond Solidariteit het vandag aangekondig dat hy op versoek van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verder met die laekostelugdiens Mango gaan onderhandel.

Onderhandelinge by die KVBA tussen Solidariteit en Mango het vroeër vasgeval, waarna ʼn stakingsertifikaat aan die vakbond uitgereik is. Marius Croucamp, woordvoerder van Solidariteit, het die aankondiging verwelkom. “Ons is steeds verbind tot kollektiewe bedinging en om ʼn ooreenkoms om die onderhandelingstafel te bereik.”

Die partye moet nog op ’n datum vir die voortsetting van die onderhandelinge ooreenkom.

Lees ook:
Solidariteit kry stakingsertifikaat ná onderhandelinge met Mango vasval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.