Solidariteit en SAPD se regstelsaak uitgestel

Die vakbond Solidariteit en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het vandag in die arbeidshof in Braamfontein ooreengekom om ’n saak oor regstellende aksie tussen die twee partye uit te stel totdat ʼn finale uitspraak in die Renate Barnard-saak gekry is.

Solidariteit het die uitstel verwelkom en meen die Barnard-saak gaan sekerheid gaan bring oor regstellende aksie in Suid-Afrika. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, sê vandag se saak, waarin die vakbond namens luitenant-kolonel Bernard van der Westhuizen opgetree het, het weereens bewys hoe absurd die Barnard-uitspraak was. “In die Barnard-saak het die hof die beginsel dat poste vakant gelaat mag word vir die doel van regstellende aksie, bekragtig. Die polisie het vandag in die Van der Westhuizen-saak ook dié beginsel gebruik om te probeer motiveer waarom hulle 70 poste vakant gelaat het vir die doel van regstellende aksie. Die polisie se motivering dui daarop dat regstellende aksie vir hulle belangriker is as goeie diens aan die Suid-Afrikaanse publiek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wessel ·

Dit is so, daarom dat daar soveel euwels in die polisie plaasvind, en so min sake opgelos word.

dave ·

Dit is tragies maar waar, die regering van die dag het geen belang by enige Bok oorwinning nie, geen werklike belang by enige goue medalje nie, geen belang by enige werkskepping nie, geen belang by enige geleentheid vir ‘n 90% kind wat medies wil swot nie.

Die fokus is slegs transformasie. Transformasie ten alle koste. Transformasie sonder kwaliteit……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.