Solidariteit gaan regstellendeaksie-plan in hof beveg

Die vakbond Solidariteit gaan Maandagmiddag namens vyf van sy lede dokumente by die Kaapstadse arbeidshof inhandig teen die departement van korrektiewe dienste (DKD) se “omstrede” regstellendeaksie-plan.

“Die DKD se beleid van absolute verteenwoordiging is onbillik, irrasioneel en onwettig. Hierdie regstellendeaksie-plan is volgens Solidariteit die omvangrykste regstellendeaksie-hofsaak tot nog toe in Suid-Afrika,” het Dirk Hermann, Die organisasie se adjunk uitvoerende hoof, gesê.

“Ingevolge die plan sal wit en bruin personeel in die Wes-Kaap bykans geen kans hê om bevorder of aangestel te word nie. Meer as 30 individuele sake kan gekonsolideer word. Dit sal dit die grootste saak teen regstellende aksie tot nog toe in Suid-Afrika wees,” het Hermann gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.