Solidariteit: ‘Handboekkrisis: Regering druip dié toets’

Die uitgerekte probleme met die aflewering van skoolhandboeke in Limpopo het dit weereens laat blyk dat die regering nie daarin kan slaag om elementêre sleutelaspekte van onderwysvoorsiening suksesvol te behartig nie, het die vakbond Solidariteit vandag gesê.

Solidariteit sê die instelling van verpligte diens in die staatsektor as ʼn poging om die werkloosheid- sowel as die swak vaardigheidsituasie in Suid-Afrika op te los, sal die probleme wat in die arbeidsmark heers vererger. Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) het vandag sy kwartaallikse Arbeidsmarkrapport vrygestel waarin daar kommentaar gelewer word op uitgesoekte faktore wat in die afgelope drie maande ʼn betekenisvolle impak op die arbeidsmark kon hê. Volgens Piet le Roux, senior ekonomiese navorser by die SNI, is die probleme wat tans in die staatsonderwyssektor heers nadelig vir die toekomstige bedingingsmag en vergoedingsmoontlikhede van die leerlinge wat later die arbeidsmark moet betree. “Een van die mees ingrypende nuwe onderwysbeleidsmaatreëls wat in beginsel by die ANC se beleidskonferensie in Midrand aanvaar is, is die voorstel dat alle gegradueerdes verpligte diens in die staatsektor moet aflê. Die instelling van ʼn tydperk van verpligte diens in die staatsektor vir gegradueerdes (byvoorbeeld om diens te doen by munisipaliteite) sal die geneigdheid van gegradueerdes om te emigreer verhoog. Deur hul vrye keuse weg te neem, sal dit gegradueerdes, as potensiële werknemers, benadeel. Talle van hulle sal tydens hul verpligte diens in die staatsektor minder vergoeding en werksbevrediging kry as wat hulle andersins in die privaatsektor sou hê. Verpligte diens in die staatsektor sal boonop Suid-Afrika se posisie op internasionale ranglyste vir ekonomiese vryheid in gedrang bring, omdat dít as wesenlike owerheidinmenging in die arbeidsmark gereken kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.