Solidariteit loof verwydering van Motala as likwidateur

Die vakbond Solidariteit het vandag Jeff Radebe, minister van justisie, en die meester van die hooggeregshof geloof dat hulle Enver Motala van die Paneel van Likwidateurs verwyder het.

Dit volg op ʼn ondersoek nadat Motala vroeër die jaar reeds as likwidateur van Pamodzi Gold verwyder is. Solidariteit eis nou dat Motala ook aan ʼn strafregtelike ondersoek onderwerp moet word.Volgens Gideon du Plessis, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, het die vakbond en die National Union of Mineworkers (NUM) die afgelope 18 maande op ʼn formele geregtelike ondersoek na Motala se doen en late aangedring. “Motala is intussen ook gedagvaar om op 21 September in die ondervragingsproses oor Aurora ingevolge artikel 417 en 418 van die Maatskappyewet voor die meester van die Noord-Gautengse hooggeregshof te getuig,” sê Du Plessis. Die ondersoek na Motala het onder meer aan die lig gebring dat hy in die 1980’s sy naam verander het om glo te probeer verbloem dat hy aan diefstal en bedrog skuldig bevind is. Motala is verwyder van die paneel van likwidateurs en trustees wat die hof gebruik. Intussen sal Solidariteit se likwidasieaansoek teen Aurora op 3 Oktober in die Noord-Gautengse hooggeregshof aangehoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.