Solidariteit nader KVBA oor rassisme-klag teen polisielid

hofhamertjie-2-320x264Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke het ʼn saak van onbillike diskriminasie en viktimisasie na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys nadat ʼn lid van die vakbond, wat vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) werk, valslik van rassisme beskuldig is. Lt.kol Loretta Botha, wat by die Sunnyside-polisiekantoor werk, is deur ʼn kollega van rassisme beskuldig nadat Botha op instruksie van haar stasiebevelvoerder ʼn opdrag uitgevoer het.

Dirk Groenewald, hoof van die Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, sê Botha se stasiebevelvoerder het haar in Januarie 2011 tydens ʼn misdaadbekampingsvergadering opdrag gegee om met ʼn dissiplinêre proses teen kollegas wat televisie gekyk het terwyl hulle aan diens was, te begin. Botha het die opdrag uitgevoer waarna een van haar swart kollegas ʼn grief ingedien en strafregtelike klagte teen Botha aanhangig gemaak het. “In die grief word Botha daarvan beskuldig dat sy rassisties teenoor haar swart kollegas is. Sy is ook van naamskending aangekla. Botha het op haar beurt ook ʼn grief teen die betrokke kollega ingedien. Botha se grief is egter nooit ondersoek nie. Solidariteit en die SAPD het op 5 Augustus vanjaar in die arbeidshof in Johannesburg ooreengekom dat die SAPD Botha se grief sal ondersoek.”

Groenewald sê die SAPD het op 27 Augustus tydens ʼn mediasieproses aangedui dat hulle nie ʼn mandaat het om aan Botha se eise in haar grief te voldoen nie. Botha het versoek dat die valse aantygings van rassisme teen haar ondersoek word, dat daar stappe gedoen word teen die kollega wat die aantygings gemaak het en dat haar naam in ere herstel word. “Die SAPD het egter aangedui dat die persoon wat die aantygings teen Botha gemaak het, intussen verplaas en bevorder is en dat hulle die proses as afgehandel ag. Solidariteit het hierna ʼn saak van onbillike diskriminasie en viktimisasie na die KVBA verwys. Solidariteit versoek dat die SAPD middellik aanspreeklik gehou word weens hulle nalating om Botha se grief te ondersoek, soos bepaal in die Wet op Gelyke Indiensneming. Indien ʼn werkgewer nie hiervolgens optree nie, kan die werkgewer aanspreeklik gehou word. Die sentrum sal by die KVBA versoek dat die SAPD die nodige dissiplinêre stappe teen die werknemer wat Botha valslik beskuldig het, moet doen en dat Botha se goeie naam in ere herstel moet word.”

Volgens Groenewald is valse aantygings van rassisme in die werkplek nie iets wat ligtelik opgeneem moet word nie en maak werknemers hul dikwels hieraan skuldig. “Die howe het dit reeds duidelik gemaak dat valse aantygings van rassisme onmiddellike ontslag regverdig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Grobbie ·

Interessant dat die wetter verplaas en BEVORDER is. Die gemors hoort nie in uniform nie.

JAVR ·

Ek wil regtig nie hierop kommentaar lewer nie want dan word ek lewenslank verban van hier af!

Flash ·

Wie het die TV kyker nogal bevorder wil ek graag weet? Hang die vloek wat sulke nuttelose suurstofdiewe bevorder!
Hoe lank was die vloek in sy ‘rang’?
Ek weet van baie goeie hardwerkende AO wat 18 jaar in dieselfde rang sit, want hy is wit.
So miskien AO as jy hierdie lees, kry vir jou ‘n TV en kyk dit as jy moet werk. As enige offissier jou dissiplineer, vloek hom uit as rassis, dan word jy dalk bevorder.

george noonan ·

Dit is n goeie bloeibek wat lauretta di rasse kar toe gedien het en ook vir bestuur Geluk aan byde u n u unie Viva vir oorwinning

george noonan ·

Ek en lauretta ht saam gewek op uitenhage daar is ni n graantjie rasisme in daai meisie kind ni Baie goeie maniere en vriendlik

virginia felicity williams ·

Ek persoonlik weet net dat as jy as offisier n opdrag kry om n lid vir dissiplinere stappe moet vervolg, is dit jou plig as offisier om dit doen anders word jy as die offisier aan gekla (ek is myself n offisier so ek weet waar van ek praat). Hoekom was daar in die 1ste plek n tv toe gelaat in daai lid se kantoor. Sy is daar om haar werk te doen en nie om tv te kyk nie.. In elk geval het daai lid gemaak soos sy wil en dat sy moes lang al aan gespreek gewees het. Maar soos ek haar geken het, het sy net niemand kop toe geneem nie. 2:49:05 AM Kol Botha behandel al haar lede op dieselfde vlak. Daai lid het lang al iets in vir 2:50:20 AM Kol Botha, en die offisier is glad nie n rasis nie. Bo op word daai lid bevorder en verplaas, net om weereens die lid tevrede te stel (dit was onreg vrede). Daar is ander lede wat daai pos verdien, maar nie sy nie, want wat het sy gedoen om daai rang te verdien. Sy het 3:04:21 AM Kol Botha se naam deur die modder gesleep, en daar moet iets omtrent dit gedoen word.

chrissie ·

Eronies hoe lede tv kyk as hulle moet werk. Ek ken Lauretta al jare. Sys ‘ n baie goeie voorbeeld vir ander en beslis nie ‘n rasis nie. Die lid wat die aantuigings gemaak het, verplaas is en bevorder. Ek weet darm nie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.