Solidariteit se hofsaak oor rasuitsluiting teen bloeddiens begin vandag

hofhammer1Solidariteit en die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANB) se groot hofstryd oor die absolute verbod op aansoeke van sekere rasgroepe vir vakante poste begin Donderdag in die Johannesburgse arbeidshof.

Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, sê die hofsaak het reeds op ʼn omstrede noot begin. “Solidariteit het die SANB vroeër versoek om die rassedemografie van hul bloedskenkers bekend te maak, maar hulle het geweier om dit te doen. Solidariteit het verneem dat sowat 75% van die bloeddiens se skenkers wit is. Ons glo dat die SANB die demografie van hul bloedskenkers in ag moet neem wanneer hulle personeelaanstellings doen.”

Hermann sê die vakbond tree namens Theodore Reyneke en Sanet Schönfeldt, wat vir onderskeidelik 28 en 24 jaar in diens van die SANB is, op. Die saak begin om 10:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Emperor ·

Dan is dit dalk tyd vir ‘n private bloedbank wat voorsiening maak vir wit personeel, en wit skenkers….

Ampie van den bergh ·

Sal ook maar nie meer gaan bloed skenk nie, wag eers vir die uitslag van hofsaak

Somerset Morkel ·

Die KANKER van raskwotas dring nou oral in. Dit het ‘n domino-effek, en uiteindelik – soos alle ‘social engineering’ – het dit ‘n baie negatiewe effek. Die publisiteit rondom hierdie saak gaan bloedskenking negatief beinvloed omdat dit sommige mense gaan kwaad maak. Dit bevorder rassime deur fronte te verhard, i.p.v. om dit te verminder en te versag.

Mauneen van Wyk ·

Well, if they don’t want to employ whites, we should all just stop donating blood.
This is getting too much now. When last have you seen any whites in Woolworths, Edgars, Truworths or many of these chain stores? …. and we keep supporting them. STUPID US!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.