Solidariteit se #ProPUK-veldtog

propuk veldtogSolidariteit begin Woensdag met ʼn #propuk-veldtog waar mense hul steun aan die dispuut teen Beeld kan gee.

Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, het Woensdag ʼn ope brief aan Tim du Plessis, hoof van Afrikaanse Koerante by Media 24 gerig, weens ‘n vertrouensbreuk wat ontstaan het oor die manier waarop die koerant beriggewing oor studenteaktiwiteit by die Puk hanteer het. Buys verklaar ʼn dispuut met Beeld en versoek Afrikaanssprekendes om nie meer dié koerant te koop totdat die dispuut opgelos is nie. Klik hier om meer te lees.

“Hierdie veldtog het ten doel om namens verskeie Afrikaner-organisasies, oud-Pukke, Pukke en Puk-ondersteuners ʼn dispuut met Beeld te verklaar as gevolg van die vertrouensbreuk tussen die koerant en ʼn groot wesenlike deel van sy lesers, gegrond op die wanvoorstelling van praktyke op die PUK-kampus,” het Buys gesê.

Klik hier om Buys se volledige brief te lees.

Die publiek kan die inhoud van die brief ondersteun deur die brief op die webwerf, www.propuk.co.za, te onderteken en om nie meer Beeld te koop totdat die dispuut opgelos is nie.

Daar word baie kritiek uitgespreek op sosiale deur mense wat reken Solidariteit maak ʼn fout om te vra dat Afrikaanssprekendes die koerant moet boikot. Max du Preez, outeur en rubriekskrywer, het die Solidariteit-dispuut op Twitter vergelyk met die ANC se optrede teen City Press.

Du Plessis het in reaksie op Buys se brief gesê dit is jammer dat Solidariteit dit nodig gevind het om tot dié stap oor te gaan. “Ek wonder tog of dit nie ʼn wedersydse verharding gaan afgee nie,” het hy gesê. “ʼn Indringende gesprek met Adriaan [Basson, redakteur van Beeld] en sy span sou dalk ʼn gunstiger uitkoms kon verseker.” Klik hier om meer te lees.

Daar is ook talle mense wat reeds aangedui het hulle koop lankal nie meer die koerant nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Eugenie ·

Moenie net ‘n maand of twee Beeld boikot nie, maak dit ‘n volgehoue daad.

Lindie Larney ·

Ek’s ‘n 34 jarige dame, vanaf Tukkies, Pretoria…
Op Pukke is daar ieg GEEEEN Nazi-kultuur nie!
Dis ONTGROENING… ons ALMAL is al hierdeur! Is julle touchy oor wat Hitler gedoen het? KOM BY, toe!
Lindie Larney

Slim Daan ·

” Touchy wees ” ?? Geensins. Ons hou dit net teen hom dat hy direk of indirek 5miljoen+ mense in skoorsteen roet ,die lug in opgestuur het. Saluut en al.

Louis Marais ·

Boikot Beeld verewig, begin ‘n nuwe koerant (Maroela Media)! Kan iemand vir my se wie koop nog die gemors, sover ek weet is Beeld se sirkulasie kwartaal na kwartaal aan die afgaan ek dink dit staan nou op so 55 000 in 2013 was dit 77 000.

Ben vd Westhuizen ·

Aag die ANC soek maar altyd fout .My dogter is op kampus en vir haar beteken die “groet” niks behalwe dat dit maar net nog n deel is van n opvoering waar jong mense op kampus gees bou

Anton Visser ·

Ja ek stem saam boikot Beeld en Naarpers asb! Moet geen van hulle koerante koop nie!

Elsa Kruger ·

NEE, Nee, Nee! Two wrongs don’t make a right. Die ANC moet jil van die lekkerkry: Hulle hoef nie ‘n enkele vinger te lig om Afrikaanse koerante, universiteite en instellings te verwoes nie, ons doen dit sommer self.

Johan.Truyens ·

Hou die Pukke afrikaans, van 1994 af gee ons en hulle ( ANC ) sal nie op hou tot hulle alles wat hulle aan raak opfoeter ( mooi gestel ) nie . Laat ons saam staan vir Afrikaans

Piet Aucamp ·

Hierdie aanslag laat die Pukke saamstaan, soos hulle in die verlede ook al moes doen — en elke keer het die Puk gewen. Kom ons doen dit weer vir die Puk en die behoud van Afrikaans.

chris visser ·

Ek is in! Boikot Beeld tot Tim en Adriaan hulle besin.
Beeld se kwaliteit sit my die laaste ruk reeds af. Dis ook te duur om dit op internet te probeer lees. Hou dit dan.

Riana ·

Dit is nou ‘n storm in ‘n teekoppie. Wraggies, in ‘n land waar babas verkrag word, waar daar soveel menseregte vergrype is wat werklik vernietigend is, word daar ‘n bohaai opgeskop oor so ‘n belaglike gebaar? Dit herinner aan die ou apartheidsdae toe vir ons vertel is dat selfs bont dasse pogings is van die kommuniste om ons af te breek. Het Beeld werklik niks beter gehad om oor te berig nie? En wat hulle nou gedoen het is om ‘n stok vir die ANC te gee om Afrikaanse universiteite te slaan. Ek verafsku wat Hitler gedoen het in die Tweede Wêreldoorlog maar om in elke liewe ding Nasionaal-Sosialisme te sien grens aan paranoia, regtig! Is die kleurkombinasie van rooi en swart nou net so onaanvaarbaar? Ek was op die Puk, ek het ontgroening oorleef, ek sal nie sê ek is ‘n vreeslike voorstander daarvan nie, maar in sekere opsigte het dit tog goeie gevolge. Maar om oor ‘n gebaar so tekere te gaan, hoe kinderagtig tog!

Andries ·

Nou ja! Sal met ons predikant moet praat. Hy steek sommer altwee sy hande in die lug wanneer hy die seen oor die gemeente uitspreek na die diens. Nou-nou sit BEELD in die diens en sien dit raak. Wat ‘n gemors gaan dit nie afgee nie ! Was vanaf 1973 af ook op die PUK(PU vir CHO) en is nog steeds in Potch. Wees nie bevrees nie BEELD, hier is niks sinisters op NWU nie.

Johannes Froneman ·

Dit gaan nie oor ‘n groet (wat alte naby aan Nazi-saluut lyk) nie. Dit gaan nie oor Afrikaans nie (want dit was hoegenaamd nie op die tafel voordat Flip Buys dit betrek het nie). Dit gaan oor ‘n onbeskaafde, vernederende, outoritêre kultuur wat voortleef in gebruike wat as “tradisie” aan ons voorgehou word. Dit is “tradisies” wat moet waai, eens en vir altyd. Diegene wat dit koppel aan ‘n Afrikaanse tradisie beledig my en bevestig die gedagte dat Afrikaners nog in die donker eeue leef.

Con van Schalkwyk ·

Hou vas jou rok, Johannes Froneman, jy het nie ‘n idee van wat hier aangaan nie! Die liedjie en groet (saluut) is saamgestel deur 18 jarige dogters wat skaars ‘n week op die PUK was. Niemand het aan hulle voorgeskryf hoe dit moet lyk nie, hulle het dit in die geheim geoefen en op die video vir die eerste keer voorgedra. Hoe jy so iets kan koppel aan “onbeskaafde, vernederende, outoritêre kultuur” sal net jy weet. Dit wat hier aan die gang is, is ‘n heksejag deur die ANC en hulle maatjies (Media 24) om die enigste oorblywende afrikaanse universiteit by te kom en hulle eie onbevoegtheid te verdoesel voor die verkiesing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.