Solidariteit se regstellendeaksiesaak teen die DKD hervat

Die vakbond Solidariteit se saak teen die departement van korrektiewe dienste (DKD) se omstrede regstellendeaksieplan hervat Maandag in die arbeidshof in Kaapstad. Solidariteit sal vandag voor die aanvang van die saak ʼn media-toeligtingsessie hou oor wat reeds in die saak gebeur het en wat verder verwag kan word.

Die saak tussen Solidariteit en die DKD is van 24 April tot 3 Mei 2013 in die arbeidshof aangehoor waarna dit tot 29 Julie uitgestel is. Solidariteit tree namens Linda-Jean Fortuin, Christopher February, André Jonkers, Geo-nita Baartman, Pieter Davids, Derick Wehr, Jan Kotze, Desiree Merkeur, Deidre Jordaan en Teresa Abrahams op. Die betrokke persone was telkens die beste kandidate vir poste waarvoor hulle aansoek gedoen het en hul velkleur is die enigste rede waarom hulle nie aangestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gert Malan ·

Bravo aan die beamptes wat opstaan vir hul regte en bravo aan Solidariteit dat hulle bereid is om ons behepsugtige regering aan te vat! Doen so voort!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.