Solidariteit slaan ʼn ses vir Afrikaanse onderrig

Akademia, ’n inisiatief van die Solidariteit Beweging, stel Woensdag ses studiesentrums in Centurion, die Moot in Pretoria, Vanderbijlpark, Boksburg, Roodepoort en Stellenbosch aan die onderskeie gemeenskappe bekend. Akademia is ’n privaat verskaffer van studieprogramme wat op dieselfde vlak as dié van universiteite is.

Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, meen die krag van die Akademia-model is dat dit bekostigbaar en eenvoudig is om leersentrums in enige gemeenskap te vestig. “Ons vat Afrikaanse hoër onderwys na die mense toe. Die gevorderde onderrigtegnologie maak dit moontlik dat ons hoër onderwys bekostigbaar kan aanbied. Ons programme is tussen 30% en 50% goedkoper as in die res van die mark.”

Die programme word in Afrikaans aangebied en is daarop gemik om mense gekwalifiseerd en indiensneembaar in ’n groeiende ekonomie te maak. Akademia se eerste leersentrums is reeds in Pretoria-Moot, Vanderbijlpark, aan die Oos-Rand en Wes-Rand en in die Wes-Kaap ingerig.

Lees hier vir meer inligiting

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.