Solidariteit stuit SAPD se regstelplan in hof

Dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, praat met die media tydens een van die vakbonde se vorige regstellendeaksiesake in die arbeidshof in Johannesburg.

In een van die mees ingrypende regstellendeaksie-uitsprake het die arbeidshof in Johannesburg alle bevorderings ingevolge ʼn nuwe rangstelsel in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gestop.

Die arbeidshof het ʼn interdik aan Solidariteit toegestaan nadat die vakbond geargumenteer het dat die plan op rassekwotas neerkom en dat Solidariteit in ʼn hofsaak met die SAPD gewikkel is waarin gevra word dat die regstellendeaksieplan van die polisie ongeldig verklaar word. Regter Anton Steenkamp het bevind dat die SAPD nie mag voortgaan om polisielede volgens die nuwe rangstelsel te bevorder voordat die hofsake wat Solidariteit vroeër oor dié omstrede rangstelsel en die polisie se regstellendeaksieplan aanhangig gemaak het, nie aangehoor is nie. “Dit is ʼn ingrypende uitspraak. Regstellendeaksie-uitsprake het in die verlede gefokus op individuele sake. Hierdie uitspraak het tot gevolg dat minstens 1 500 bevorderings teruggehou word tot Solidariteit se regstellendeaksiesake afgehandel is,” het Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, gesê.

Volgens Hermann het Solidariteit reeds verlede jaar ʼn saak van onbillike diskriminasie op grond van ras na die arbeidshof verwys om die SAPD te dwing om drie van die vakbond se lede volgens die nuwe rangstelsel te bevorder. Die drie lede, wat gesamentlik meer as 80 jaar se diens in die SAPD het, is oor die hoof gesien vir bevordering aangesien die beskikbare poste volgens ras en geslag in groepe verdeel is. Solidariteit het ook gelyklopend ʼn saak teen die SAPD aan die gang waarin gevra word dat die totale plan van die polisie ongeldig verklaar word. “Die SAPD het hom nie hieraan gesteur nie en het reeds met die tweede fase van bevordering volgens die nuwe rangstelsel begin. Dit is nog ʼn manier waarop die SAPD met sy regstellendeaksieplan kwotas volgens die nasionale rassedemografie toepas en so ervaring ten koste van dienslewering misken. ”

Hermann sê die SAPD het op 20 April 2010 ʼn nuwe rangstelsel bekendgestel waarvolgens twee nuwe range ─ luitenant en majoor ─ ingestel is om adjudant-offisiere en kapteins geleentheid tot bevordering te gee. “Slegs 9% van die beskikbare poste vir luitenant en majoor is aan wit mense toegeken. Dit het tot gevolg dat wit mense, wat danksy die nuwe range aan die minimum vereistes vir bevordering voldoen, nie bevorder kan word nie aangesien die aantal poste wat aan wittes toegeken is, reeds gevul is. Dit volg ondanks die feit dat verskeie werknemers van die aangewese groep, met ’n veel laer senioriteit, bevorder is aangesien méér poste aan hul rasgroep toegeken is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

J D VAN ROOYEN ·

EK IS 17 JAAR IN MY RANG , HULLE HET NIE EERS MY 2 JAAR DIENSPLIG IN AG GENEEM NIE MAAR LEDE WAT NIE EERS DIE WERK KAN DOEN NIE WORD BEVORDER

Marius T botes ·

As gevolg van hierdie plan is die Polisie in chaos en gebeur uitermatige geweld, korrupsie en nog meer elke dag. Mense word net bevorder net om getalle reg te kry daar word glad nie meer gekyk na kwalifikasies nie. Offisiere gaan nie eers meer op ‘n kursus voor bevodering nie. Hierdie kursuse veral KO – kurses het gesif en lede wat die druk kon verwerk en ook al die modules geslaag het is bevorder. nou word jy ‘n offisier sommer net so. Die nuwe offisiere wat so bevoder word het geen of uiters min idee van bevelvoerder wees en kan geen leiding neem of gee nie. Ek was 21 jaar in die sapd waar van ek vanaf 1992 eers luitenant en toe kaptein was. Ek is weg oor die chaos. Het weer in 2010 weer heraansoek gedoen. Was vir onderhoud en niks gehoor vir ‘n jaar en was weeer ‘n jaar terug geroep vir ‘n belaglike fiksheids toets en tot nou toe niks weer gehoor. Het ‘n e-pos aan die Provinsiale Kommissaris gerig om navraag en dit is ook nog nie geantwoord nie.

H J Bester ·

Die bedoeling van regstellende aksie was aanvanklik in werking gestel om die ongelykhede van die verlede reg te stel – inderdaad dan ook sodanig geregverdig. Ongelukkig was daar nie ‘n tydsverloop aan gekoppel nie en kry mens die indruk dat die huidige bewind onder die ANC hierdie aksie nooit gaan beeïndig nie. Verder word dit al meer en meer uitgebuit, soos tans in die SAPD, dat dit die vorm van growwe diskriminasie teen die blankes begin aanneem het.

Daar is groot dankbaarheid jeens Solidariteit wat hierdie growwe diskriminasie stuit deur ‘n hofbevel teen die SAPD te kon verkry – natuurlik ‘n groot jammerte dat dit op hierdie wyse moet geskied en toon daarenteen baie duidelik dat daar by die ANC-regering geen welwillendheid teenoor die blankes bestaan nie. Die ANC-regering se optrede maak die beleid van nasie-bou en samewerking geheel en al belaglik. Inteendeel dit verdeel mense op grond van ras en kleur wat rassisme in die ergste graad is.

Solidariteit kan dus onverpoosd voortgaan om die ANC-regering uit te daag wanneer hy diskrimenerende aksies toepas.

pikkewyn ·

Uitstekend. Gaan groot. Regstellende aksie en rassisme teen blankes is besig om in die anc gesigte te ontplof. Aangestelde Onbevoegdes op alle vlakke van regerings, kan nie die werk doen nie. Swart bemagtiging gaan hulself uitroei en die land totaal korrup laat en lamle. Rassisties gekookte statistieke in die swart bevolking van al die Afrika lande en elders, word deur anc gebruik om hul swart aanstellings te regverdig.

Andre ·

Wat ‘n gemors! BBBee op sy beste! Kan die mense nie sien dit is nie volhoubaar nie. Reeds moet die staats departemente miljoene opdok aan konsultante. Dieselfde mense wat gister vir die departement gewerk het. Die grootste fout is natuurlik om die BBBee kandidaat in die top pos aan te stel en die ou wat die job ken sy “opvolger” te maak. Hoe leer jy jou baas om sy werk te doen. Miskien was daar ‘n kans, as die BBBee kandidaat die opvolger was en hy het behoorlik die pos geleer, dan kan die plan dalk gewerk het! Ongelukkig wat gebeur het is dat die ou wat die ekspert was die hel in geword het en sy eie ding gaan doen het – nou sit jy met mense van bo tot onder wat nie een ‘n idee het het nie! Welkom aan Afrika!

R NEL ·

Ek voel jammer vir die ongeveer 1000 onbevoegde junior lede wat nie nou bevordering kry nie jammer vir die 500 wat dit regtig verdien maar nou ja daar is ouens wat langer in hulle rang is as ek 15 jaar is genoeg in een rang na 157 aansoeke vir poste waarvan 15 onttrek is omdat ek te wit is het ons gedink daar is vir ons hoop, mar as jy nie geld het om hof toe te gaan nie sal ek maar die oudste A/O in die mag word want Ek gaan nerens so gelukkig gaan ek hulle nie maak nie.

Dolla ·

Was 17 jaar in die Polisie waarvan die laaste 12 jaar in dieselfde rang… Die poste waarvoor daar aansoek gedoen word vereis in die meeste gevalle dat jy jou gesin moet ontwrig en honderde kilometers ver trek…as jy gelukkig genoeg is om dit te kry. Die blanke lede wat jare funksies verrig in ‘n soortgelyke pos word oor die hoof gesien en mense word aangestel wat geensins die ondervinding het nie. Ek het gesien hoe ruk komponente tot stilstand wees onoordeelkundige aansoeke. Ek weet van soveel kundiges op hulle gebied wat bedank het en soveel onvervangbare kundigheid wat verlore gegaan het… Kos dit ons nie meer geld om oor en oor dieselfde foute te maak in plaas van om die regte ding te doen nie?

J D VAN ROOYEN ·

HOEKOM HET DIE LEDE DAN VANDAG HULLE NUWE RANGE OP EK DOG DIE HOF HET DIT GESTOP .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.