Solidariteit stuur openbare veldtog teen Woolworths van stapel

Dirk Hermann

Die vakbond Solidariteit het Woensdag om 12:00 ’n grootskaalse openbare veldtog teen Woolworths van stapel gestuur nadat die groep nie advertensies vir poste, waarvoor slegs swart kandidate oorweeg sal word, teruggetrek het nie. Die veldtog, met die klinkreël Woolworse: Making a differentiation, sal op sosiale media gedryf word en onder andere duisende protesboodskappe aan die uitvoerende hoof van Woolworths insluit.

Solidariteit het Dinsdag in ’n brief aan Woolworths geëis dat die groep advertensies vir poste, wat uitsluitlik vir “swart Afrikane” of slegs “Afrikane, kleurlinge en Indiërs” oop is, wysig sodat mense van alle rasgroepe daarvoor oorweeg sal word. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, sê Woolworths se posadvertensies kom op onbillike rassediskriminasie neer.

“Woolworths argumenteer in die media dat die groep bloot die regstellendeaksiewette nakom. Die waarheid is egter dat die Wet op Gelyke Indiensneming nie sulke uitsluitings toelaat nie. Artikel 15 van die wet stel dit duidelik dat kwotas nie toegelaat word nie. Kwotas kom neer op absolute uitsluitings. Woolworths gebruik die demografie as ’n absolute maatstaf om te bepaal of mense oorweeg of nie oorweeg sal word vir ’n pos nie. Die wet sê juis dat verteenwoordiging nie die enigste maatstaf kan wees nie. Indien Woolworths eerlik wil wees oor sy voorneme om aan die Wet op Gelyke Indiensneming te voldoen, sal hy die advertensies onttrek en die bewoording verander sodat dit aan die wet se vereistes voldoen.”

Hermann sê Woolworths het ook die grense van billikheid deur absolute uitsluitings in aansoekprosesse oorskry. “Woolworths se optrede om mense op grond van ras uit te sluit, is nie moreel regverdigbaar nie. Alles wat onder die vaandel van regstellende aksie plaasvind, is nie regverdig nie. Selfs al sou Woolworths se argument dat hy aan die wet voldoen geldig wees, is hierdie optrede steeds moreel onregverdigbaar. Daar is sekere dinge wat ’n mens mag of kan doen, maar nie behoort te doen nie. Die morele regverdigbaarheid van ’n aksie word gemeet aan die gemeenskap se vraag of dit gedoen behoort te word. Woolworths word dus skuldig bevind in die hof van openbare mening en klante gaan die groep deur hulle beursies straf.”

Die openbare veldtog teen Woolworths gaan, onder andere, duisende protesboodskappe aan Ian Moir, uitvoerende hoof van Woolworths, insluit. Solidariteit gaan ook Facebook en Twitter gebruik om openbare steun vir die veldtog te werf.

Die publiek kan protesbriewe oor die Woolworths-kwotas deur middel van die webblad, www.solidariteit.co.za, aan die groep stuur. Die veldtog kan ook op Twitter by #Woolworths gevolg word.

Vir Hermann se ope brief aan Woolworths, klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

cynthia ·

Woollies is RASISTIES!!!!! As dit n besigheid was wat bestuur was deur wiT mense sou die sTaat seker die besigheid toe gemaak het!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

amanda olivier ·

Ek sal Nooit weer iets by hulle koop nie En ek sal die veldtog ondersreun wat nou reeds begin het GEEN witmense moet daar koop nie ONS geld is ook nie goed genoeg nie

Irene ·

Ek dag dit is hoekom Apartheid afgeskaf was. Ek sal ook nie weer by woolworths koop nie.

Jack van Lelyveld ·

Die kanker blyk te begin versprei. Die volgende wenk het ek nie self getoets nie , maar verneem ook dat wanneer iemand by Standerd Bank aansoek doen vir werk oplyn, en jy kliek by die ras groeppering op “White”, dan maak die webwerf summier jou aansoek toe en kanselleer jou poging om aansoek te doen. Miskien moet Solidariteit dit ook ondersoek.

Jack van Lelyveld ·

Phillip, het jy nie vir my ‘n engelse weergawe van die brief nie, dan plaas ek ‘n permanente link op my profile by G+ so tussen my 7-8000 internasionale vriende en gee Woolworths gratis Internasionale advertensie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.