Solidariteit-verslag: Malema kán vervolg word

Julius Malema

Solidariteit gaan Vrydag ’n verslag bekendmaak wat wys dat die geskorste leier van die ANC Jeugliga, Julius Malema, op aanklagte van aanhitsing tot geweld en intimidasie vervolg kan word. Solidariteit sal die verslag, wat deur ’n senior strafregkenner opgestel is, aan die Valke oorhandig vir hulle ondersoek na Malema. Prof. Carel Snyman, voormalige dosent in strafreg aan Unisa en samesteller van die verslag, sal die geleentheid bywoon.

Solidariteit het vroeër strafregtelike klagte van aanhitsing tot geweld en intimidasie teen Malema aanhangig gemaak ná sy opruiende uitsprake oor ’n mynrewolusie en myne wat “onregeerbaar” gemaak moet word.

Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, sê volgens die verslag sal Malema nie ’n geldige verweer op ’n aanklag van aanhitsing hê nie. “Die woorde ‘rewolusie’ en ‘onregeerbaar’ impliseer aksies wat onwettig is. Daar kan geen twyfel wees dat Malema die bedoeling gehad het om met sy woorde die skare te beïnvloed om ’n ‘rewolusie’ te begin en om die myne ‘onregeerbaar’ te maak nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.