Solidariteit vs die DKD: Vakante poste word nie gevul nie; saak uitgestel

Foto: Reint Dykema

Solidariteit se regstellendeaksiesaak teen die departement van korrektiewe dienste (DKD) is Vrydag uitgestel met die voorwaarde dat die poste waarvoor die applikante aansoek gedoen het en wat nie gevul is nie, vakant bly. Die saak sal weer op 29 Julie hervat tot 9 Augustus.

Solidariteit tree namens Linda-Jean Fortuin, Christopher February, André Jonkers, Geo-nita Baartman, Pieter Davids, Derick Wehr, Jan Kotze, Desiree Merkeur, Deidre Jordaan en Teresa Abrahams op. Die betrokke persone was telkens die beste kandidate vir poste waarvoor hulle aansoek gedoen het en hul velkleur is die enigste rede waarom hulle nie aangestel is nie. In al die gevalle het die DKD geargumenteer dat die nasionale demografie as maatstaf gebruik moet word.

Solidariteit voer aan dat die DKD se blatante beleid van absolute rasseverteenwoordiging onbillik, irrasioneel en onwettig is. Solidariteit gaan nie net vra vir ’n beslissing dat sy lede bevorder word nie, maar ook dat die regstellendeaksieplan van die DKD in sy geheel onwettig verklaar word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.