Solidariteit vs DKD: Hof gee uitspraak oor regstellende aksie

Argieffoto

Argieffoto

Die arbeidshof in Kaapstad het Donderdag in Solidariteit se guns beslis en beveel dat die departement van korrektiewe dienste (DKD) gehoor moet gee aan ʼn vroeëre hofuitspraak waarvolgens hy nie net die nasionale rassedemografie in ag kan neem met die maak van aanstellings en die bevordering van werknemers nie. Solidariteit het ʼn dringende aansoek gebring aangesien die DKD sy toepassing van die nasionale rassedemografie voortgesit het ondanks ʼn vroeëre hofuitspraak wat dit verbied.

Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, sê die DKD het aangevoer dat die uitspraak nie toegepas hoef te word nie aangesien hy appèl daarteen aangeteken het. “Die hof het bevestig dat die DKD aan die aanvanklike uitspraak gebonde is ondanks die appèlproses. Die hof het bevind dat Solidariteit se aansoek dringend is aangesien die DKD willens en wetens voortgaan om aanstellings en bevorderings te doen wat tot nadeel van sekere rasgroepe is. Die hof het voorts bevind dat die DKD nie benadeel sal word deur die uitvoering van die bevel nie, terwyl sekere rasgroepe benadeel sou word indien die departement se onwettige aanstellingspraktyke kon voortgaan. Ons het die indruk gekry dat die DKD die appèlproses wil misbruik om sy onbillike doelwitte te bereik.”

Die arbeidshof in Kaapstad het in Oktober verlede jaar beslis dat dit onbillik is om die nasionale rassedemografie as die enigste maatstaf vir die toepassing van regstellende aksie te gebruik en unieke streeksverskille buite rekening te laat. Die DKD is toe beveel om sy onbillike praktyke onmiddellik reg te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

christo crous ·

Wens net ons blankes wat “acting” in poste kry bevordering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.