Solidariteit wen regstelsaak teen DKD

Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit.

Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit.

Die arbeidshof in Kaapstad het vanoggend in die vakbond Solidariteit se guns beslis in sy regstellendeaksiesaak teen die departement van korrektiewe dienste (DKD). Die hof het beslis dat dit onbillik is om die nasionale rassedemografie as die enigste maatstaf vir die toepassing van regstellende aksie te gebruik.

Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, sê regter Hilary Rabkin-Naicker het bevind die DKD se onbillike praktyke moet onmiddellik reggestel word. “Die DKD moet dus sy regstellendeaksieprosesse hersien. Die uitspraak raak nie net die DKD nie. Dit gaan ook ʼn uitwerking op die res van die staatsdiens hê.”

Solidariteit het egter aangedui dat hy teen sekere aspekte van die uitspraak gaan appelleer. “Sekere grondwetlike kwessies is nie deur die regter hanteer nie. Ons kan nie verwag dat die arbeidshof gewigtige uitsprake oor grondwetlike aspekte lewer nie, daarom wil ons steeds na die konstitusionele hof toe gaan. Hierdie oorwinning is belangrik, maar dit is nie die einde van die pad nie,” sê Hermann.

Die regter het onder andere ook bevind dat Peter Davids, die enigste wit applikant in die saak, nie deel van die uitspraak is nie omdat wit mans nie tot die aangewese groep behoort nie. “Die regter grond hierdie beslissing op die arbeidsappèlhof se uitspraak in die Renate Barnard-saak. Die Barnard-saak word op 6 November in die appèlhof voortgesit. Ons sal intussen die nodige voorbereidings tref om teen sekere dele van vandag se uitspraak te appelleer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

H J Bester ·

Almal word gelykgestel en bevoordeel deur die howe, soos in hierdie onderhawige geval, maar steeds bly die diskriminerende praktyke teen die blankes van krag. Wanneer raak die blankes ook weer volwaardige burgers van Suid-Afrika ? – ‘n land vry van rassisme.

Chris ·

Wonder hoe lank gaan daar nog teen die blankes gediskrimineer word. As hulle maar net die werk gee vir mense wat die werk kan doen. Ons almal wil graag n sukses maak van hierdie land want ons is hier gebore. Ons as blankes sorg vir baie swart mense en agtergeblewenes. Diskriminasie veroorsaak armoede wanr as ons nie geld kan verdien nie kan ons ook nie vir ander mense sorg nie. Mense in die huidige Regering kyk net na hulle eie sake. Daar is wel uitsonderings maar dit is maar min. In plaas vasn die armes help koop hulle buffels en renosters. Hoe se die Bybel – dit gaan vir n ryk man moeiliker wees om in die Hemel te kom as vir n kameel om deur die oog van n naald te kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.