Solidariteit wil Loftus volmaak teen ‘ras-tellende’ aksie

IMG_7457Die vakbond Solidariteit het vandag aangekondig dat hy sy veldtog teen ‘ras-tellende’ aksie gaan verskerp. Die vakbond het Saterdag tydens die wedstryd tussen die Blou Bulle en die Westelike Provinsie plakkate met die woorde “Stop kwotas” vertoon. Solidariteit wil deur die veldtog 51 762 petisies teen ‘ras-tellende aksie’ insamel – genoeg om al Loftus Versfeld se sitplekke vol te maak.

Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, sê die vakbond het besluit om die veldtog te verskerp nadat sy versoek om ʼn parlementere debat oor regstellende aksie as ʼn gier en ʼn gril afgemaak is. “Solidariteit het tydens sy regstellendeaksiesaak teen die departement van korrektiewe dienste (DKD) politieke partye versoek om so ʼn debat aan te vra. Stone Sizani, ANC-hoofsweep, het in reaksie hierop by monde van sy woordvoerder, Moloto Mothapo, gesê die parlement debatteer nie kwessies volgens die grille en giere van drukgroepe nie. Ons wil nou 51 762 petisies van die publiek af kry om vir die ANC te wys dat die behoefte aan ʼn parlementere debat oor die huidige toepassing van regstellende aksie nie net ʼn gier en ʼn gril is nie. Ons sal die petisies aan die parlement oorhandig en weer versoek dat ʼn parlementere debat oor die kwessie plaasvind.”

Hermann sê Solidariteit glo dat die oplossing vir regstellende aksie nie net in die howe gesetel is nie en dat die werklike oplossing deur sosiale dialoog gevind moet word. “Solidariteit vertrou dat die debat wat in die hofsale gevoer word nou na ʼn nasionale debat sal oorspoel en dat die uitkoms ʼn nuwe nasionale konsensus oor regstellende aksie sal wees. Die beste plek om so ’n debat te voer, is in die parlement. Solidariteit het daarom politieke partye versoek om so ’n debat aan te vra. Die regering se benadering het in ʼn wiskundige rassebenadering ontwikkel waarin mense met syfers vervang is. Dié benadering het niks meer met regstelling te doen nie, maar alles met ras. Suid-Afrikaners en veral groot sakelui aanvaar te maklik dat dit wat die regering sê, die enigste manier van doen is. Wat ons in Suid-Afrika nodig het, is ’n behoorlike stryd oor idees. Ons doen ʼn beroep op akademici, vakbond-, kerk- en gemeenskapsleiers en veral groot werkgewers in die sakewêreld om krities oor die regering se regstellendeaksieprogram te wees en alternatiewe te soek wat werk.”

Indien mense die veldtog wil steun, kan hulle www.stopkwotas.co.za besoek om ’n petisievorm in te vul. ʼn Ander manier om protes aan te teken, is deur die woord “Ras” na 34388 te stuur. ʼn SMS kos R2 en sal ook by die petisies getel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Trippie ·

Ek kyk nie rugby nie – MAAR hier sal ek defnitief my deel bydra.

Die BESTE speler behoort in ‘n span te wees, en NIE volgens kleur gekies te word nie.
WEG met hierdie kwota’s.

NS: Hoeveel Blankes kerm en kla omdat daar nie Blankes in sokkerspanne is nie … of ten minste die ras-kaart speel.

Willy ·

Trippie hoe sê jy, jy kyk nie rugby nie. Jy bly so naby my jy is eintlik my buurvrou.
Volgende match loop jy in ‘n bottel rooiwyn, Pink Floyd en fillets in.

Trippie ·

Onthou net die dosie sjokolade ook hehehe !

Dankie vir die 3 chocs Vrydag – was heerlik, maar ek het my naar ge-eet (gevreet).

Willy ·

Ja my buurvrou. Meermale lanksaan loop na my kant toe. Sal jou voer met ‘n t’tjie.

Dinknet ·

Ek hoop almal wat nog nie lid van Solidariteit is nie,sal vinnig aansluit! Ek is n trotse lid. Mag hul van krag tot krag gaan in hul geveg vir geregtigheid vir ons mense……..

Seg Net ·

Dinknet ek is die beste part van 45 jaar al lid van hulle, dit was toe hulle nog Die Mynwerkers Unie gewees. Lede geld was ek dink R10 toe ek aangesluit het. Net hulle begrafnis voordele is meer werd as die paar rand wat mens maandeliks betaal.

Die mense doen reuse werk onder die arm Blankes.

vuurvreters ·

Genade dan speel hulle soos hulle sokker speel . elke speler met n vuvuzela in die hand. Nee kyk ons het nie (daardie) geraas nodig nie.

Elize ·

Stem saam met Solidariteit,hoekom moet daar ras in Sport wees,hoekom klae hulle nie oor die Sokker span wat net swart is nie,
Laat die beste speller speel,swart, kleurling of wit.

Willy ·

Solidariteit my beskeie mening. Gaan vra hoe kry oom Angus die ongebruikte stadiums vol na die wêreldsokker.

Piet. ·

Hoekom word daar nie aangedring dat daar ‘n paar swart swemmers of golfspelers moet wees nie ?
Of groter vroue verteenwoordiging ? Dat verskillende sportsoorte en spanne al wel ‘n paar gestremdes in het is nie te betwyfel nie. M.a.w., waarom is die regering so selektief en sonder net sekere sportsoorte
uit ? Oor sokker word nooit gepraat nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.