Solly die seekoei dood

Solly die seekoei. Foto: eBlockwatch

Solly, die seekoei, het, tydens pogings om hom uit ʼn swembad by die Monate-wildsplaas buite Modimolle (Nylstroom) te red, gevrek.

Solly was vir drie dae in die swembad vasgekeer nadat hy glo deur sy trop verjaag is nadat ʼn seekoeikalfie gebore is.

Beeld het Vrydag op Twitter geskryf: Lyk of Solly dood is weens stres. Veearts in swembad, maar Solly beweeg nie. Word leweloos uit swembad gelig. Verslaggewers, fotograwe, omstanders in trane by Solly se swembad.

André Snyman, woordvoerder vir die gemeenskapsmisdaadbestrydingseenheid eBlockwatch, het bevestig dat Solly ʼn hartaanval gekry het en dood is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.