Solly, die seekoei, het, tydens pogings om hom uit ʼn swembad by die Monate-wildsplaas buite Modimolle (Nylstroom) te red, gevrek.
Solly was vir drie dae in die swembad vasgekeer nadat hy glo deur sy trop verjaag is nadat ʼn seekoeikalfie gebore is.
Beeld het Vrydag op Twitter geskryf: “Lyk of Solly dood is weens stres. Veearts in swembad, maar Solly beweeg nie. Word leweloos uit swembad gelig. Verslaggewers, fotograwe, omstanders in trane by Solly se swembad.”
André Snyman, woordvoerder vir die gemeenskapsmisdaadbestrydingseenheid eBlockwatch, het bevestig dat Solly ʼn hartaanval gekry het en dood is.