Solly se veearts was glo laat

Argieffoto

Die eienaars van Monate-wildsplaas het Vrydag gesê die veearts, wat gehuur is om Solly die seekoei te verdoof, het vier ure laat opgedaag.

Dié een ton dier wat uiteindelik vir vier dae lank in ‘n swembad op die wildsplaas vasgekeer was, het vroeër Vrydag gevrek. Solly is glo vroeër deur sy trop verjaag ná ‘n seekoeikalfie gebore is. Die dier was glo angstig nadat die swembad, ter voorbereiding op die reddingspoging, dreineer is. “Hulle het 10 minute gelede opgedaag en hy het gevrek. Ons het sedert 07:00 gewag. Ek is baie ontsteld dat hy gevrek het,” het Ruby Ferreira, bestuurder van die wildsplaas, gesê. Die veearts, Alex Lewis, het egter gesê die dier se prognose was nie baie goed nie. “Die dier het onder geweldige spanning verkeer,” het Lewis gesê. “Ek dink die hele voorval het die dier uiters angstig gemaak.”

Intussen is ‘n tweejarige seekoei steeds op vrye voet in Kaapstad. Die dier het glo uit Rondevlei ontsnap en na die Strandfontein Voëlpark gestap. Hy is hierna in Zeekoeivlei opgemerk waar hy vermoedelik weer by sy trop wou aansluit. Die publiek word versoek om baie versigtig te wees indien hulle die dier gewaar, aangesien seekoeie baie gevaarlik kan wees. Indien jy die dier opmerk, kontak 083 499 1717.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sharon Vlok ·

Yes and I don’t think being 4HOURS late helped the situation . Whatever . Maybe just maybe if there is a situation like this again you could try and be on time It’s a shame

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.