Somalië-ontploffing: Denel-werkers se name bekend

Alan Simpson (links) en Morné Lotter. Foto’s: Facebook

Die werknemers van Denel wat Woensdag in ʼn selfmoordbomontploffing in Somalië dood is, se name is Donderdag bekend gemaak.

Volgens Vuyelwa Qinga, woordvoerder van Denel, ʼn maatskappy wat verdedigingstoerusting vervaardig, is die oorledenes Morné Lotter (41) van Oudtshoorn en Alan Simpson (53) van Port Elizabeth.

Qinga het gesê die oorledenes se naasbestaandes is in kennis gestel. Die res van die Suid-Afrikaners wat tans in Somalië is, is reeds na ʼn veilige gebied geneem.

Maroela Media het Woensdag berig die twee Suid-Afrikaners was deel van die slagoffers ná ‘n bomaanval op die Verenigde Nasies se hoofkantoor in Mogadishu, hoofstad van Somalië. Na wat verneem word, is sewe van die oorledenes, Islamitiese aanvallers wat bande het met Al-Qaeda het. EWN het Donderdag berig 22 mense het glo in die aanval omgekom.

Die VN het die aanval streng veroordeel en onderneem dat die organisasie nie sy werk in die onstabiele land gaan beëindig nie.

Al Shabaab, wat aan Al-Qaeda verbind word, het aanspreeklikheid vir die selfmoordbom aanvaar. “Die VN, ʼn handelaar van dood en ʼn sataniese mag van die bose, het ʼn lang, roemlose geskiedenis dat hulle net armoede, afhanklikheid en ongeloof versprei,” het al Shabaab op sy Twitter-rekening, @HSMPRESS1, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Paul ·

Ons innige simpatie met die familie van hierdie twee manne wat daar was slegs om hulle pligte uit te voer. Mag die Here julle troos en vesterk en vrede gee.

Mariaan ·

Ons mee gevoel vir die Families en vriende van die oorledenisse . Mag God julle om vou in sy liefde en genade

George Norwie ·

Alan, Morné, ek het julle nie geken nie, maar julle was lede van die Denel familie. Dankie vir julle bydrae en rus in vrede. Ons gaan julle mis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.