Somaliërs gevra om steun te werf vir vrylating van SA gyselaars

Bruno Pleizzari en Debbie Calitz.

Somaliërs is gevra om die vrylating aan te moedig van twee Suid-Afrikaners wat deur seerowers ontvoer en aangehou word vir ʼn losprys.

Die organisasie Gift of the Givers het Woensdag ʼn beroep gedoen op Somaliërs in Suid-Afrika om die vrylating van Bruno Pelizzari en Debbie Calitz aan te moedig. Die hoof van die organisasie, Emtiaz Sooliman, sê Pelizzari en Calitz is reeds verskei kere “verkoop” en “geskuif as ʼn “kommoditeit” sedert hulle in Oktober 2010 ontvoer is nadat die seiljag waarop hulle gewerk het aan die Tanzaniese kus deur seerowers gekaap is. Sooliman sê sy organisasie was in Augustus in Mogadishu en het deur tweede en derde partye verneem dat Pelizzari en calitz verskeie kere “verkoop” is, en dat talle middelmanne aanvanklik onderhandel het vir hulle vrylating. “Hulle is soos ʼn kommoditeit hanteer. Deur net een onderhandelaar is die losprys van R77 miljoen na R30 miljoen na R11 miljoen na R7miljoen en is dit nou onder R1 miljoen.” ʼn Werknemer van Gift of the Givers het glo verlede week die egpaar lewend in ’n kamp vol gyselaars opgemerk.Die mense wat hulle aanhou het glo gekla dat dit hulle baie geld kos om hulle kos te gee ‘n vir hulle te sorg. Sooliman het ʼn beroep gedoen op die welwillendheid van die Somaliërs om steun te werf vir Pelizzari en Calitz se vrylating in Somalië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.