Somaliese seerowerkoning aangekeer

Mohamed Abdi Hassan

Mohamed Abdi Hassan

Die man wat by die Verenigde Nasie as Somalië se seerowerkoning bekend staan, Mohamed Abdi Hassan, was baie verbaas toe hy na sy aankoms op die lughawe by Brussel in boeie geslaan is.

Hassan, ook bekend as Afweyne, was van ‘n senior Somaliese amptenaar vergesel toe hulle met ‘n vlug van Nairobi aangekom het. “Afweyne” is die Somaliese woord vir “grootbek”. Die amptenaar is ook aangekeer.

Die VN kla al lank dat Afweyne se hoë politieke bande – ook met die nuwe Somaliese regering – hom tot dusver gehelp het om die lang arm van die gereg te ontduik.

Hy het na bewering miljoene dollar “verdien” uit die kaping van skepe en die eis van lospryse daarvoor. Hy het hom egter nou vieslik misgis deur na België te reis waar hy verdink word van die kaping van die Belgiese skip, die Pompei in 2009. Dis nog nie bekend wat die doel van sy besoek aan dié land was nie. Hy gaan nou in België van seerowery aangekla word.

Hy het verlede jaar tydens ‘n nuuskonferensie in Somalië wat goed bygewoon is, verklaar dat hy van seerowery afgesien het, en hom voortaan op die politiek van sy land sou toespits. In Januarie vanjaar is berig dat hy nou aan die spits staan om “oud-kollegas” te oortuig om seerowery te laat vaar.

Bron: De Standaard

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Kry vir jou KATVIS ! !

Hoop al jou sondes word ondersoek en gestraf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.