Sommige gesteelde Groot Constantia-goedere opgespoor

Manor House Foto: Groot Constantia

Sowat helfte van die Oosterse porseleinstukke wat uit Manor House op die Groot Constantia-wynlandgoed gesteel is, is weer opgespoor.

Ao November Filander, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, het Donderdag gesê werkers het tussen Maandagaand en Woensdag 10 stukke op ʼn naburige plaas opgemerk. Niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar die polisie wag vir die uitslae van vingerafdrukke. Negentien porseleinitems uit die 17e en 18e eeu is oor die naweek uit die museum gesteel. Dié items sluit ʼn Sjinese ketel, Japanese vase en Sjinese borde en opdienborde in. Die museum stal die meubels, skilderye, materiaal, porselein, en koperware uit van huise van suksesvolle Kaapse boere. Die museum is tot verdere kennisgewing gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.