Sommige skole in Gauteng het nog nie handboeke vir 2013 bestel nie

Sommige skole in Gauteng het nog nie handboeke vir volgende jaar bestel nie.

“Dié skole gaan volgende jaar swaar kry,” het Barbara Creecy, LUR vir onderwys Vrydag gesê. Creecy het 10 skole in die Sedibeng-gebied besoek waar een skool nog nie handboeke bestel het nie, berig EWN. Volgens die departement gaan dit sowat 10 weke duur om die handboeke te laat druk. Charles Phalane, woordvoerder vir die departement, het gesê hulle is besig om seker te maak dat alle skole handboeke vir die 2013-skooljaar bestel het. “Die LUR het gesê skole moet seker maak dat hulle teen volgende week alle bestellings geplaas het,” het Phalane bygevoeg. “Ons sal seker maak dat hulle dit wel gedoen het, anders gaan hulle volgende jaar sukkel om boeke te kry.”

Sommige skole in Gauteng het in Juliemaand vanjaar nog steeds nie die 2012-skooljaar se handboeke gehad nie. Ouers het gesê dat leerlinge handboeke moes deel sodat hulle vir die eksamen kon studeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.