Sommige skole steeds sonder handboeke

Argieffoto

Die eerste skooltermyn van die jaar is verby en daar is steeds sommige skole wat nog nie handboeke ontvang het nie.

Skole in Limpopo en die Oos-Kaap word die ergste hierdeur geraak, berig The Star.

Nomusa Cembi, woordvoerder van die onderwysvakbond Sadtu, sê die vakbond het verslae van sy lede ontvang wat aandui dat nie alle skole die handboeke ontvang het wat hulle benodig nie.

Sy sê in Limpopo is 25% van die nodige handboeke nie afgelewer nie. Dit is veral graad 11-handboeke vir wetenskap, wiskunde, rekeningkunde en tale.

Die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie ondersoek die saak en beplan om ʼn verslag saam te stel om aan die parlement te stuur.

Verlede jaar het talle skole in Limpopo vir die eerste sewe maande van die jaar nie handboeke gehad nie.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.