Sondag maak sy deure toe

Sondag toeDie Sondag-koerant in Gauteng gaan glo nie weer op die rakke verskyn nie.

Negentien redaksielede is Dinsdagoggend ingeroep en is meegedeel dat die koerant hulle deure gaan sluit en hulle is dadelik op twee tot drie weke betaalde verlof geplaas. Die laaste uitgawe het op 20 Oktober verskyn.

Een van die joernaliste, wat anoniem wou bly, het aan Maroela Media gesê daar is aan hulle meegedeel dat hulle óf pakkette kan neem, óf die maatskappy waaraan die publikasie behoort, Media 24, sal poog om hulle op ander plekke in die maatskappy te ontplooi. “Ek weet baie mense, veral kunstenaars, gaan baie bly wees, maar dis eintlik ʼn swaar slag vir Afrikaans,” het die joernalis gesê. “Ons het vermoed dit gaan kom, maar nie so skielik nie.”

“Sondag het baie gevegte geveg, maar ongelukkig het die huidige handelstoestande dit onmoontlik vir die maatskappy gemaak om voort te gaan met die publikasie van die koerant. Die vooruitsigte in terme van inkomste groei het swak gebly,” het Minette Ferreira, die algemene bestuurder van Daily Sun, Sunday Sun, City Press en Sondag, Dinsdag gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Rudie Thirion ·

Betalende verlof? Waarvoor betaal die verlof? Jy bedoel seker “betaalde verlof”.

K@bous ·

Ek is ook nie ‘n voorstander van die koerant nie, maar miskien moet jy eers weer mooi lees, dan sal jy sien hulle praat wel van “BETAALDE VERLOF en nie Betalende Verlof nie.

Alida Müller ·

Hoog tyd!! Dit was nou die mees komminste koerant ooit!!M veral die verslaggeefsterjie wat Sunette Bridges gedurig so wou afkraak. Het nje gewerk in elk geval nie. Sunette is ‘n YSTERVROU!!! .

Hendrik ·

Goeie nuus! Die gemors koerant was geelpers op sy beste. SA, en Afrikaans sal ‘n klein bietjie beter af wees nou!

Griet ·

“…..eintlik ʼn swaar slag vir Afrikaans……”???
Die verbale diaree wat hierdie publikasie weekliks opgedis het, en die “slang”-taal wat van tyd tot tyd kop uitgesteek het in die smeerberigte, het Afrikaans veel erger skade berokken.

Waarom vind sommige mense dit so lekker om in ander se asblikke te krap? Al wat jy daarvan oorhou is ‘n (wan) klankie wat aan jou bly kleef…….

Sarie van Niekerk ·

As jy nie daarvan hou om in ander se asblikke te krap nie dan neem ek aan jy lees ook nie Huisgenoot nie, want wat doen hulle anders as om in ander se asblikke te krap

lanie ·

dankie tog….nou kan mense soos yolande minder crap skryf….beste nuus hierdie jaar……

Eben ·

Dis jammer …. ek glo baie van die berigte is ook maar geskrywe met tong in die kies. Ek glo baie van die ‘vermaaklike’ sterre gaan seker rus nou, maar tog was dit n afleiding van moord en doodslag wat ons orals lees.

O jaaaa nou dan die Ds ook in vrede lewe en die vrouens in die gemeente bietjie diens sonder dat iemand ooit daarvan sal weet of uitvind!!

Jasper ·

Baie goeie nuus. Ek sou nie eers my braaivleisvuur met die gemors aansteek nie.

Anton Visser ·

Haleluja! Beste nuus ooit! Mag sy/hy in vrede vrek! Ek bedoel rus! RIP!

Louise Visser ·

RERIG!?… indien so, is dit omtrent HOOGTYD! en
HOPELIK is daar NIE WEER n BESTAAN vir
Die Sondag in die toekoms nie.
*
SONDAG was NIE die NAAM WERD met hul TIPE
VERSPREIDINGS in elk geval nie op so dag nie.
*
HIERDIE aanhaling van een van die ANONIEME
joernaliste:
“Ek weet baie mense, veral kunstenaars, gaan
baie bly wees, maar dis eintlik ʼn swaar slag vir
Afrikaans,” het die joernalis gesê. “Ons het
vermoed dit gaan kom, maar nie so skielik nie.”

>”maar dis eintlik n swaar slag vir Afrikaans”? ~
IN WATTER OPSIG sou ek wonder, WANT 1stens…
IS / WAS julle UITERS SWAK!!… Taalgebruik beslis
nie n voorbeeld vir ons jeug of enigiemand “for that
matter” nie.

>”“Ons het vermoed dit gaan kom, maar nie so skielik
nie.” ~ Dit MOES EINTLIK nOg meer SKIELIK gekom
het, wAnt soveel sou gespaar gewees het in ALLE
opsigte. ~ Dink net HOEVEEL onnodige INK, PAPIER
& ander onkostes in hierdie bestaanstyd van die
publikasie is GEMORS met jul “lekkerkry” uit n ander
se “seer”, waar daar eerder gekonsentreer kon word
op die WERKLIKE gebeurtenisse en probleme in SA.

HOOP rerig waar ook dat indien daar gepoog sou word
om van hierdie (joernaliste) op ander plekke in die
maatskappy te ontplooi, hulle op sterk meriete oorweeg
sal word.

Gert Malan ·

Ag Louis, hoe lank het dit jou gevat om hierdie gemors uit te dink! Hoekom het jy die koerant gelees as dit jou so gegrief het? Jy lees seker net die Sarie en die Rooi Rose?! Ek hoop nie jy lees die Huisgenoot nie want die inhoud grens aan die van die Sondag koerant! Maar dis nou maar tipies wat in ons land aangaan – die oomblik as die waarheid uitkom, dan word daar ten hemele geskree want siestog, die arme goedjies wat verkeerd doen kan nie so in die openbaar gekruisig word nie. Geniet jou Sarie en Rooi Rose!

Yolanda Barnard ·

Sies, julle mense is mislik *snik*. Wat gaan ek, die talentlose Naspeshoernalis, nou vir ‘n lewe doen? Ek kan nie eers ‘n gewone hoer word nie, niemand sal my betaal nie, ek sal hulle moet betaal. Miskien moet ek en Gavin Prins ons liggame verkoop vir mediese navorsing. Daar is nogal baie van my om te verkoop….

Cyberjerk Ingram ·

Gavin het klaar ‘n vriend aan wie hy moontlik sy liggaam verkoop het. Is hy al met sy vriend getroud ? Maar Yolanda GEEN publikasie kan so onvoorwaardelik en aanhoudend mense treiter soos Naspers al vir jare doen nie. Julle het gekry waarvoor julle gesoek het.

Ek is jammer vir die joernaliste wat nou moontlik sonder werk sit.

karel de winnaar ·

Se vir my dit is nie waar nie. Hemel besef die mense nie joe arm gaan Afrikaans word nie. Komaan julle het goeie werk gedoen.
Hehehe Yolanda jy kan by my kom aanklop, lol maar los Gavin daar.

Coenie ·

Ek kon nie wag vir die Sondag nie! Dit is jammer! Om die klomp skynheiliges se gesigte te sien as ek my Sondag koop was genoeg beloning. I’m rather a sinner than a hypocrate! Ek gaan julle mis!

Sarie van Niekerk ·

Dit is reg Yolande, vertel hier ou spul verkramtes wat hulle besig is om aan mense (personeel) se lewens te doen. Die Suid-Afrikaanse leserspubliek bly maar konserwatief

DewaldS ·

Wat jy saai sal jy maai. Jy behoort visnetkouse goedkoop in China Town te kan kry.

Trudie Menezies ·

Die sondag is nou nie iets waaroor ek sal huil nie. Swak koerant, baie swak stories en taalgebruik! Wil nie eers die koerant gratis hê om vensters mee te was nie of eers ‘n vuur mee aan die brand te steek nie! Dis regtig jammer vir die personeel wat hul werk mag kwyt wees, mag hulle elkeen die pad vind na ‘n beter lewe en taalgebruik!

Sarie van Niekerk ·

As jy nooit die koerant gesien of gelees het nie, hoe weet jy dan hoe swak is alles in die koerant? Of is jy ook een van daai wat die koerant met ‘n flitslig onder die kombers gelees het

Sarie van Niekerk ·

‘n Yslike gatslag vir vryheid van pers en nog ‘n teken van hoe min Naspers vir sy personeel omgee

Sarie van Niekerk ·

Ek neem aan jy het ook nie MultiChoice dien in jou huis nie want jy besef dit dalk nie maar dit is ook Naspers. So ook is Sarie tydskrif

MITZ MALAN ·

Ek sien my kwaadword kommentaar word nie geplaas nie. Dit kom kortom daarop neer:Yolanda, omdat ek jou ken, weet ek dat al hierdie ander negatiewe kommentaar afkomstig is van ‘n spul ‘Sondag-in-die-kerk-maar-Maandag-in-die-dobbelsaal’ mense is. Die waarheid(Sondag) is ‘n vlymskerp swaard, veral wanneer bekendes gesny word onder die naeltjie waar die meeste onheil uitbroei! Ek gaan julle beslis mis, en hoop dat Sondag binnekort weer in ‘n ander vorm verskyn.
En aan al julle skynheiliges: Dit help nie julle bombardeer my met ‘kommintaar’ nie, want ek kom nie weer terug na hierdie berig toe nie! BWAHAHAhaaaaaaaaaa!!!!

Anoniem ·

Almal kan se dis n komminste koerant ooit…..maar julle almal het vergeet almal het die koerant gekoop en gelees en gewonder!!!So almal was maar ook lekker kommin.Se net…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.