Sondagkoerant maak nuwe bok-breier bekend

ʼn Sondagkoerant het vandag bekendgemaak wie die Springbokke se nuwe breier gaan wees.

Rapport berig dat Heyneke Meyer, die voormalige afrigter van die Bulls en die rugbyhoof van die Blou Bulle-unie, by Peter de Villiers as afrigter gaan oorneem. Volgens die koerant het Meyer en Jurie Roux, die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), Saterdag in Pretoria vergader in aanloop tot Vrydag se bekendmaking van die nuwe afrigter. Saru het glo, anders as met vorige aanstellings, self kandidate genader vir die pos. Rapport berig ook dat daar glo ongelukkigheid is by sommige direksielede van die Blou Bulle Maatskappy oor Meyer se aanstelling. Meyer was in 2007 met De Villiers se aanstelling ʼn gunsteling gewees vir die pos.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.