Sondagverkragter gevonnis

Johanes Steyn. Foto: Sapa

Johannes Steyn, wat skuldig bevind is aan moord en verkragting, is Woensdag in die Palm Ridge-hooggeregshof, in die Oos-Rand, gevonnis.

Die man wat as die “Sondagverkragter” bekend staan, is Dinsdag deur regter Sita Kolbe aan 33 van die 37 aanklagte teen hom skuldig bevind, en Woensdag tot vyf keer lewenslange tronkstraf gevonnis.

Kolbe het Steyn ondermeer skuldig bevind aan die ontvoering en moord op die 17-jarige Louise de Waal. Steyn is ook skuldig bevind aan strafbare manslag vir die dood van die 14-jarige Lazanne Farmer. Farmer en ’n 16-jarige vriendin is op 5 September 2010 in Elandspoort in die weste van Pretoria ontvoer. Farmer het uit die ontvoerder se bakkie na haar dood gespring. Haar vriendin is daarna in ’n beboste gebied verkrag. De Waal is in Oktober verlede jaar in Randburg ontvoer terwyl sy en ʼn vriendin op pad skool toe was. Haar verkoolde lyk is dieselfde dag op ʼn verlate plaas in Magaliesburg gevind. Steyn het hom die volgende dag by die Margate-polisiestasie in KwaZulu-Natal oorgegee.

Volgens Kolbe het die staat bo enige twyfel bewys dat Steyn die onwettige dade gepleeg het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.