“Sondagverkragter” het kinderpornografie gekyk

Johannes Jacobus Steyn, die "Sondagverkragter"

Die beweerde Sondagverkragter, Johannes Steyn, het Dinsdag erken dat hy kinderpornografie gekyk het, maar ontken dat hy ooit sy drange met tienermeisies bevredig het.

Vandag was die tweede dag wat Steyn in sy verhoor in die Palm Ridge landdroshof getuig het. Hy het onskuldig gepleit op 37 aanklagte, insluitend twee van moord en 11 van verkragting. Staatsaanklaer Carina Coetzee het hom onder andere gevra waarom hy mense oor die gevare van kinderpornografie in sy erkentenisbrief wou inlig. Steyn het gesê dit mors mens se tyd en veroorsaak sekere drange, berig EWN.

Coetzee het voorgestel dat dit hoogs toevallig is dat sy pad die heeltyd met die sogenaamde Sondagverkragter se paaie op die dae van die beweerde aanvalle gekruis het. Sy het hom ook vroeër gevra waarom sy vrou sou lieg dat hy aan haar erken het dat hy die Sondagverkragter is. Steyn het gesê sy was baie kwaad omdat hy buite-egtelike verhoudings aangeknoop het.

Steyn het vermoedelik Louise de Waal van Roodepoort in Oktober 2011 verkrag en vermoor. De Waal se verkoolde liggaam is ‘n paar uur nadat sy as vermis aangemeld is, op ‘n plaas in Magaliesburg opgespoor. Steyn word ook daarvan aangekla dat hy verskeie meisies tussen 2008 en 2011 aangeval en verkrag het. Die aanvalle het meestal op ‘n Sondag plaasgevind. Die slagoffers is in Gauteng en die Noordwes verkrag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.