“Sondagverkragter” se eksvrou getuig

Johannes Jacobus Steyn, die "Sondagverkragter"

Johannes Jacobus Steyn, die sogenaamde “Sondagverkragter”, se vrou het Maandag in die Palm Ridge landdroshof teen hom getuig.

Steyn staan tereg op 37 aanklagtes, insluitend twee moordklagtes en 11 van verkragting, berig EWN. Twee van sy beweerde slagoffers het Maandag in die hof getuig hoe hy hulle ontvoer en verkrag het. Steyn se eksvrou het gesê die dat toe Louise de Waal ontvoering en vermoor is, het hy haar glo geskakel om te sê dat hy nog ‘n meisie ontvoer het. Sy sê Steyn het aan haar erken dat hy ‘n monster is en dat hy deurmekaar is en dat dit nie haar skuld is nie. Hy het glo ook gesê dat sy ‘n besoek van die polisie moet verwag en dat hy gaan vlug. Die vrou het aan die hof vertel hoe sy vermoed het dat haar man moontlik die “Sondagverkragter” mag wees weens die inligting in koerantberigte oor die voertuig wat in sommige van die aanvalle gebruik is. Toe sy hom egter hieroor uitgevra het, het hy alle betrokkenheid ontken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hester Scott ·

`n Persoon wat sulke dade pleeg is daar net een straf en dit is die dood straf, hoekom moet die publiek vir sy uitgawes in die tronk betaal. My hart gaan uit na die ouers wie se kinders aan gerand is. Hy is meer as `n monster.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.