“Sondagverkragter” se saak val plat

Johannes Jacobus Steyn, die "Sondagverkragter"

Twee van die sogenaamde “Sondagverkragter” se alibi’s het Vrydag in die Palm Ridge-landdroshof teen hom getuig wat glo sy verdedigingsaak in skerwe laat spat het.

Johannes Steyn staan tereg op 37 aanklagte, insluitend twee van moord en 11 van verkragting. Hy het onskuldig gepleit op al die aanklagtes.

Sy getuies het Vrydag in camera getuig omdat hulle nie media-aandag soek nie. Hulle het beweer hulle het hom nooit op die dae wat die Steyn se beweerde misdade gepleeg is, gesien nie. Een getuie ontken dat sy ooit ʼn verhouding met hom gehad het, berig EWN. Steyn het beweer dat hy met haar seks in sy kar gehad het in Maropeng op 31 Oktober, toe ʼn 11-jarige meisie verkrag is.

Hy het ook beweer dat hy op 7 Maart ʼn kollega gehelp het wie se voertuig onklaar geraak het. Dit was die dag toe ʼn 16-jarige meisie in Rustenburg aangeval is. Die getuie het egter gesê Steyn het hom net gebel en vir advies gevra.

Die saak duur op 12 September voort wanneer Steyn se pa en broer gaan getuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.