“Sondagverkragter” van twee moorde aangekla

Steyn tydens sy verskyning op 13 Desember in die Krugersdorp streekshof. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die sogenaamde “Sondagverkragter”, Johannes Jacobus Steyn, is Woensdag in die Krugersdorp streekshof van die moorde op twee tienermeisies aangekla.

Steyn (35) staan verder tereg op 11 aanklagte van verkragting, 10 aanklagte van seksuele aanranding, een van poging tot seksuele aanranding, 10 aanklagte van ontvoering, een van poging tot onvoering en twee aanklagte van aanranding. Steyn is aangekla van die moord op Louise de Waal (17) en Lazanne Farmer (14). De Waal is in Oktober verlede jaar ontvoer terwyl sy en ‘n vriendin op pad skool toe was in Randburg. Haar verkoolde lyk is dieselfde dag op ‘n verlate plaas in Magaliesburg gevind. Steyn het hom die volgende dag by die Margate-polisiestasie in KwaZulu-Natal oorgegee. Farmer en ’n 16-jarige vriendin is Sondag 5 September 2010 in Elandspoort in die weste van Pretoria ontvoer. Farmer het uit die ontvoerder se bakkie na haar dood gespring. Haar vriendin is glo hierna in ’n beboste gebied by die verkrag. Steyn se jongste slagoffers was glo twee 11-jariges. Steyn sal in aanhouding bly tot sy verhoor op 23 Julie in die Suid-Gautengse hooggeregshof begin. Die verhoor is geskeduleer om tot 21 September voort te duur. Die “Sondagverkragter” word verbind met verkragtings in Vanderbijlpark, Krugersdorp, Potchefstroom, Pretoria en Rustenburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marcia ·

Die man bekend as die Sondagverkragter het soveel lewens verwoes! Ek hoop (en glo) geregtigheid sal geskied sodat hy nooit weer as vry man buite sal rondloop nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.