Sondela-brand: Oorledenes se name bekend

Die bejaarde egpaar wat Saterdag tydens die verwoestende brand by die Sondela-natuurreservaat buite Warmbad dood is, se name is bekendgemaak.

Ian Jansen van Rensburg, besturende direkteur van Sondela, sê die oorledenes is Ig van Rooyen (76) en sy vrou Nita (75). Die bejaarde gepaar kon nie betyds van die vlamme wegkom nie. Die veldbrand het vroeër Saterdagmiddag aan die chalets se kant ontstaan en vinnig ʼn pad van verwoesting gesaai. “Ons het 400 beddens verloor maar het steeds plek vir ʼn 1 000 gaste. Ons het 1 500 ha veld verloor en sowat 20 njalas.” Jansen van Rensburg sê hulle was reeds in kontak met die gaste wat vandag by die oord inboek en alternatiewe verblyf is gereël vir die wie se chalets afgebrand het. Die oorsaak van die brand word ondersoek.

[nggallery id=73]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

margi ·

Mnr Ig v an Rooyen was my kinders se skoolhoof By Hoerskool Edenvale. My oudste seun Pieter Viljoen was hoofseun en het na skool loopbaan, met sy eerste jaar op universiteit by hulle gaan woon vir 2 jaar. Ek het nog fotos van Nita waar sy ons help om Kersfees tierlantyntjies op te sit in ons huis hier op Edenvale. Sy en my jongste dogter Melody was baie geheg aan mekaar. Ek is so geskok. Die fotos se alles. Ek kan my nie indink wat hulle in hul laaste oomblikke moes deurgaan nie. Ek het my seun in Australie laat weet asook my dogter wat naby Roodepoort woon en mense wie se kinders hom ook geken het. Ons innige meledye met die familie en vriende. Margi Jarrett (Viljoen)

Simon Jarrett (Viljoen) ·

Mnr. van Rooyen was, soos my ma hierbo aandui, nie net skoolhoof vir my en my broers nie, maar hy en sy vrou was ook familievriende. Oom Ig en tannie Nita was goeie mense en om op so ‘n verskriklike wyse te moet vergaan is diep onstellend. Ek het nie in verbinding gebly met hulle toe ek na Engeland geimmigreer het nie, maar ek wil nogtans my medelye met hul familie en vriende aan die van my ma byvoeg.

Marisa Louw ·

Mev Van Rooyen was my Afrikaanse juffrou op laerskool en Mnr Van Rooyen was my skoolhoof van Std 6 tot Matriek. Hierdie nuus is baie hartseer. Daar is een ding waarvoor Mnr Van Rooyen altyd sal onthou – hoe hy sy oe toegemaak en sy kop so skeef gedraai het wanneer ek gesing het. Ek dink hy was my grootste fan! :) Hulle het albei ‘n positiewe impak in my lewe gemaak en ek glo ook in die van baie ander mense. My wens is dat hulle familie en vriende in hierdie moeilike tyd al die goeie dinge van Mnr en Mev Van Rooyen sal onthou en aan die mooi herinneringe terugdink. En mag hulle weet dat die twee wonderlike mense diep spore in baie mense lewens getrap het. Sterkte! Marisa Louw (nee Van Aswegen).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.