Sonkring nie vreemd nie

Woensdag se kring om die son.

Woensdag se kring om die son.

Talle inwoners van Gauteng, Limpopo en Noordwes het Woensdag kop gekrap oor ’n vreemde kring om die son wat soos ʼn reënboog lyk.

Volgens Johan van der Walt ʼn meteoroloog van die NWU Potchefstroom-kampus is dit ’n natuurlike verskynsel, berig OFM

Van der Walt het gesê dit is cirruswolke hoog bo in die atmosfeer wat talle yskristalletjies bevat wat die son se lig op ’n spesifieke manier opbreek.

Klik hier om na ʼn klankgreep van Van der Walt se onderhoud te luister.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.