Sonny Bill klop Wit Buffel

Francois Botha

Die Nieu-Seelandse bokser Sonny Bill Williams, beter bekend as veelsydige rugbyspeler, het die Suid-Afrikaanse bokser Francois Botha in Australië met punte geklop.

Botha, bekend as die Wit Buffel, is aanvanklik met tegniese vernuf geklop, maar het teen die einde tot die aanval teen die moeë Williams oorgegaan.

Kenners is dit eens dat Botha ‘n fout gemaak het om Williams nie vroeër te begin jaag nie, aangesien Williams punte begin afstaan het vir negatiewe boks toe die Buffel hom begin looi het. Die 44-jarige Botha is egter ook ‘n punt kwyt na hy ‘n hou geplant het nadat die klok vir die einde van die negende rondte gelui het.

Die beoordelaars in Brisbane het die geveg eenparig aan Williams toegeken. Twee beoordelaars het beslis dat Williams met 97–91 as wenner uit die stryd moet tree, terwyl die derde beoordelaar beslis het dat Williams met 98 teen 94 die botoon gevoer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

OompieKedoompie ·

Williams was gelukkig. As die gevel 30 sekondes langer aangehou het was hy WEG!!

Ek stem saam. Buffel moes so bietjie vroeër tot die aanval oorgegaan het.

Johan Schoultz ·

Hoekom was die geveg slegs 10 ipv 12 rondtes? Die skytsregter!! het in die 10 de rondte gesien daar kom n uitklop hou kort voor die einde en toe kamma vir botha na sy hoek gestuur en n punt van sony weg geneem om tyd te wen. Francois, jy het goed gedoen.

suzette Roux ·

Die Wit buffel het Sonny pak gegee. Almal kon dit mos sien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.