Sopranos-ster sterf

James Gandolfini

James Gandolfini, beter bekend as die mafiabaas Tony Soprano van die gewilde televisiereeks The Sopranos, is Woensdag dood terwyl hy met vakansie in Rome was.

Gandolfini (51) is moontlik dood weens ʼn hartaanval, het die televisienetwerk HBO Donderdag in ʼn verklaring gesê. Gandolfini was besig om ʼn nuwe televisiereeks vir HBO op te neem toe hy gesterf het.

“Ons is almal geskok oor die verlies van ʼn geliefde deel van ons familie,” het Mara Mikialian, HBO se woordvoerder gesê. “Hy was ʼn spesiale man, met baie talent. Hy was ʼn saggeaarde en liefdevolle persoon wat almal, maak nie saak wat hul titel of werk was nie, met dieselfde respek hanteer het.”

Gandolfini het ʼn sy seun, Michael, uit sy eerste huwelik met Marcy Wudarski gekry. Die egpaar is in 2002 geskei. In 2008 het Gandolfini met die model Deborah Lin getrou en hulle het in 2012 ʼn dogtertjie, Liliana, gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.