Soveel aardbewings tref SA in 2012

000458E4-011D-1257-811D83414B7F0000_1Inwoners van die Noord-Kaap het verlede jaar 187 keer die aarde voel bewe, volgens die Raad op Geowetenskappe (RGW).

“Seismiese aktiwiteit in die Noord-Kaap was hoog met 187 skuddings wat waargeneem is,” het die RGW in sy 2012/2013 jaarlikse verslag gesê wat Vrydag in die parlement ter tafel gelê is. Volgens die verslag het 113 van die 187 aardbewings in die Augrabies-area voorgekom. “Die aardbewings het as ʼn seismiese-swerm vertoon en het van 0,3 tot 4,1 op die Richterskaal gemeet.” Volgens die verslag het ander provinsies ook aardbewings ervaar maar is die skuddings as “mikro, gering en lig” beskryf. “Tien aardbewings het verlede jaar in die Wes-Kaap plaasgevind. Die grootste aardbewing het 4,1 op die Richterskaal gemeet en was in die Leeu-Gamka-area.” Daar was drie aardbewings in die Oos-Kaap, 19 in die Vrystaat, nege in Gauteng en 24 in Noordwes. “Limpopo het verspreide tektoniese seismiese aktiwiteit ervaar en 14 aardbewings is aangeteken.” In Mpumalanga was daar tien aardbewings met die grootste een wat 5 op die Richterskaal gemeet het en in die Piet Retief-area plaasgevind het. Die grootste aardbewing wat verlede jaar in die suidelike deel van Afrika plaasgevind het, was in die Zambesia-provinsie in Mosambiek en het 5,7 op die Richterskaal gemeet hoewel geen skade of beserings aangemeld is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Ek skryf dit toe aan al die oorgewig Anties se voetestamp by elke toyi toyi.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.