Soveel mense het in Desember in motorongelukke gesterf

Ongeluk op die N2 naby Durban. Die bestuurder van die voertuig het slegs geringe beserings opgedoen Foto: ER24

Ongeluk op die N2 naby Durban. Die bestuurder van die voertuig het slegs geringe beserings opgedoen Foto: ER24

Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het Dinsdag die statistiek bekend gemaak van die aantal mense wat in Desember op die land se paaie gesterf het.

Altesaam 1 184 mense is landswyd in 987 ongelukke van 1 tot 30 Desember oorlede.

KwaZulu-Natal het die hoogste aantal padsterftes, naamlik 205, Gauteng 156 en die Oos-Kaap 136.

Die statistiek is gebaseer op padsterftes wat deur die polisie aangemeld is.

Altesaam 14 mense het op die N12 tussen Klerksdorp en Wolmaransstad in Noordwes gesterf. Nege mense is op die N11 tussen Middelburg en Groblersdal in Limpopo oorlede en sewe mense het op die N1 tussen Laingsburg en Kaapstad in die Wes-Kaap omgekom.

“Talle ongelukke het op sekondêre roetes plaasgevind. Motoriste maak van dié paaie gebruik om tolpaaie en verkeersbeamptes te vermy,” het Thato Mosena, woordvoerder vir RTMC, gesê.

Altesaam 986 mense is landswyd in Desember in hegtenis geneem vir dronkbestuur of nalatigheid. Sowat 15% van dié motoriste is vroue.

Ben Martins, waarnemende minister van vervoer, het gesê bykans al die ongelukke is weens roekelose, minagtende en anti-sosiale gedrag deur bestuurders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Magdalena Visser ·

Dit is skokkend om die minste te se. Maar ‘n riem onder die hart is tog dat die dames nog steeds in die minderheids groep val.
Ek is egter bekommerd oor die terugtog syfer. Hoop nie dit is so erg nie.

GawieM ·

Magda moet nie te gou opgewonde raak nie. Hoeveel % van die bestuurders is manlik en hoeveel vroulik. Dit maak in elke val geen verskil of dit manlik of vroulik is nie, dit bly ‘n probleem en onskuldige mense sterf as gevolg van ander se toedoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.