Sóveel padsterftes oor feestyd

Dipuo Peters

Dipuo Peters

Dipuo Peters, die minister van vervoer, het Donderdag die statistiek van die padsterftes vir die periode tussen 1 Desember 2013 en 7 Januarie 2014 bekend gemaak.

“Gedurende dié periode was daar 1 147 ongelukke landswyd waarin 1 376 mense gesterf het,” het Peters tydens ʼn perskonferensie in Centurion gesê.

Sy het beklemtoon dat dit slegs voorlopige syfers is en dat die syfer kan vermeerder, aangesien talle motoriste vandeesweek en die naweek van vakansie af terugkeer na hulle huise toe voordat die skole volgende week begin.

Sy het gesê menslike faktore was die oorsaak in meeste van die ongelukke.

Gauteng het 223 ongelukke gehad met 268 sterftes, terwyl 284 mense in 237 ongelukke in KwaZulu-Natal omgekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ivan ·

Ja Kobus, se jy wat seker nog nie n kind aan die dood afgestaan het in n padongeluk nie.
Dis darem n baie growwe veralgemening wat jy daar doen.

Ria Maritz ·

Hierdie syfers is duiseligwekkend … nee wat, ek bly as ‘n reel tydens Paasnaweek en Desember tuis.

Dit is wel so dat ‘n ongeluk enige plek, enige tyd kan gebeur, normaalweg binne 10 kilometers van mens se huis af.

Kobus ·

Ivan hulle is nog te jonk om agter die stuur in te skuif as dit is wat jy bedoel. As dit sou gebeur moet dit hanteer word.Daar is nie ‘n ander uitweg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.