Soveel renosters in 2012 gestroop

Foto: www.rhinoconservation.org

Die departement van omgewingsake het Donderdag bekend gemaak dat ʼn rekordgetal renosters in 2012 vir hul horings doodgemaak is.

Volgens ʼn verklaring van die departement is 668 renosters verlede jaar vir hul horings doodgemaak. Die Krugerwildtuin het 425 renosters verloor. Volgens die departement is 267 vermeende renosterstropers in hegtenis geneem. In 2011 is 448 renosters vir hul horings doodgemaak terwyl daar in 2010 333 renosters gestroop is. Daar is vanjaar reeds 5 renosters doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.